Bfn­fo­to­graaf se vrou sterf ná kort siek­te

Volksblad - - Nuus - El­sje du Toit

’n Be­ken­de fo­to­graaf van Bloem­fon­tein is “hart­ge­bro­ke” na­dat sy vrou ná ’n kort siek­te in die hos­pi­taal dood is.

An­na­tjie (48), vrou van D­ries My­burg (66) van FVH Pro­ducti­ons, het al ge­rui­me tyd ge­sond­heids­pro­ble­me on­der­vind en is Vry­dag­og­gend oor­le­de.

“Sy was ’n baie in­ne­men­de per­soon en baie ge­lief on­der haar men­se en ook haar werk­men­se,” het D­ries gis­ter ge­sê.

“Sy het op ’n tyd in my le­we ge­kom toe ek baie an­der pyn ge­had het.”

Hul­le het op 18 Mei van­jaar hul 15de hu­we­liks­her­den­king ge­vier.

“Ek is nou baie leeg.

“Ek is hart­ge­bro­ke.

“Die hos­pi­taal het haar na die bes­te van sy ver­moë be­han­del.”

An­na­tjie, wat by die Vry­staat­se ge­sond­heids­de­par­te­ment ge­werk het, was on­der dok­ters­be­han­de­ling.

Sy het on­der meer er­ge hoof­py­ne ge­had en is Woens­dag in die vroeë og­gend­u­re in die hos­pi­taal op­ge­neem.

“Ek was in Jo­han­nes­burg vir werk toe hul­le my Woens­dag om 04:00 bel en sê sy is in die hos­pi­taal.”

Hy het da­de­lik te­rug­ge­ry Bloem­fon­tein toe om sy vrou by te staan.

D­ries het ein­de Mei van­jaar so­wat R200 000 se fo­to­gra­fie­toe­rus­ting in ’n in­braak by hul huis ver­loor, waar­oor Net­werk24 be­rig het.

Be­ne­wens die toe­rus­ting is kon­tant wat hul­le in die huis ge­had het, as­ook van An­na­tjie se ju­we­liers­wa­re ge­steel.

“Die in­braak het haar baie be­in­vloed.

“Sy was al­tyd on­rus­tig daar­na en het haar­self baie daar­oor be­kom­mer.

“Dit het nie baie ge­help met die ge­sond­heid­pro­ble­me wat sy reeds ge­had het nie.”

Be­ne­wens D­ries laat An­na­tjie haar twee kin­ders, BJ (28) en Si­no­via (22), as­ook haar stief­kin­ders, Hen­co (41) en Su­ne­lia (37), ag­ter.

’n Rou­diens vir An­na­tjie word oor­mô­re om 14:00 in die NG kerk U­ni­ver­si­tas­rif ge­hou.

Fo­to: FA­CE­BOOK

D­ries en An­na­tjie My­burg. An­na­tjie is Vry­dag oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.