Hout­kruis by krui­sing moet be­wust­heid wek

Volksblad - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids

’n Bloem­fon­tein­se mo­tor­fiets­klub het gis­ter ter na­ge­dag­te­nis en vir be­wus­ma­king ’n groot hout­kruis op­ge­rig by ’n krui­sing waar al ver­skeie nood­lot­ti­ge on­ge­luk­ke voor­ge­kom het.

Die Em­bra­cers-mo­tor­fiets­klub het dié hout­kruis op die hoek van S­tals­weg en Walter Si­su­lu­weg in die stad op­ge­rig na­dat Ja­c­ques Ja­cobs (33), ’n mo­tor­werk­tuig­kun­di­ge en lid van die klub, op 2 Ju­lie nood­lot­tig in ’n on­ge­luk hier be­seer is.

Hy het die vol­gen­de dag in ’n hos­pi­taal aan sy be­se­rings be­swyk.

Ma­chiel P­re­to­ri­us, pre­si­dent van die Em­bra­cers-mo­tor­fiets­klub, sê die kruis dien nie net as ’n na­ge­dag­te­nis vir ’n broer wie se le­we te vroeg be­ëin­dig is nie, maar wil ook met dié kruis die o­wer­he­de daar­van be­wus maak dat meer ge­doen be­hoort te word om dié krui­sing te be­vei­lig. “Ver­skeie nood­lot­ti­ge on­ge­luk­ke het al by die krui­sing voor­ge­kom. Ons het al ver­skeie ver­toë tot die o­wer­he­de ge­rig, maar steeds word daar nie ge­hoor ge­gee nie. Ons plei­dooi is om dié pad vei­li­ger vir al­le ver­brui­kers te maak. Dit sal baie help om ka­me­ras op te rig – dalk sal mo­to­ris­te ver­sig­ti­ger en vei­li­ger ry.”

Ja­cobs se sus­ters, Yo­lan­de Die­de­ricks (32) en Le­ti­cia Helm (31), sê hul­le mis hul broer ver­skrik­lik en sy dood voel nog on­werk­lik.

“Ons ver­wag e­ni­ge tyd nog ’n op­roep of selfs ’n bood­skap van hom, maar dan skop die werk­lik­heid in,” sê Helm.

Fo­to: KAY­DE­NE DA­VIDS

Yo­lan­de Die­de­ricks en Le­ti­cia Helm by die kruis wat ter na­ge­dag­te­nis van hul broer, Ja­c­ques Ja­cobs, in Bloem­fon­tein op­ge­rig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.