Die men­se van SA ‘wag op die kap­tein’

Volksblad - - Kommentaar -

Chris­to Crous, Pi­ne­lands

Baie ja­re ge­le­de was El­sa Jou­bert se Ons wag op die kap­tein vir ma­trieks voor­ge­skryf. Dit het ge­gaan oor ’n groep men­se wat deur hul plan­ta­sie­wer­kers in hul plaas­huis ge­van­ge ge­hou word, ê­rens in A­fri­ka. Hul uit­ein­de­li­ke lot sou be­paal word deur die kap­tein van die re­bel­le.

In die broei­en­de hit­te laai die span­ning al hoe meer op, hoe lan­ger die men­se moet wag; tot uit­ein­de­lik laat­mid­dag die ge­tjoef-tjoef van ’n na­de­ren­de he­li­kop­ter ge­hoor kan word. Wat uit­ein­de­lik ge­beur, word nie ver­tel nie en ’n mens word dus aan jou eie ver­beel­ding oor­ge­laat. Die kap­tein sou be­sluit.

Oor die af­ge­lo­pe jaar voel dit vir my of ek sit en kyk na ’n swak speur­ver­haal op TV en el­ke e­pi­so­de is er­ger, of eer­der sleg­ter, as die vo­ri­ge een.

Die rol­spe­lers is kom­mu­nis­te, ka­ders en kor­rup­te skelms wat let­ter­lik en fi­guur­lik met moord weg­kom. Hul kaal­kop­lei­er, hul Nom­mer 1, lag al­les weg en spoor hul­le aan om voort te gaan met plun­de­ring.

Diep in my, en se­ker baie an­der Suid-A­fri­ka­ners se bin­ne­ste, is daar die angs, die we­te, dat dit wat ge­beur, nie so kan aan­gaan nie. Nie ter­wyl daar mil­joe­ne is wat son­der werk sit, die be­lof­tes wat in 1994 ge­maak is, nie ge­stand ge­doen is, en dit min gaan kos om die bom waar­op ons sit, te laat bars nie!

Grond­gryp word reeds aan­ge­moe­dig. Se­ke­re po­li­tie­ke toe­spra­ke word al hoe meer po­pu­lis­ties om e­mo­sies op te sweep.

Die “plan­ta­sie­wer­kers” in ons land wag reeds op die kap­tein. Wag ons dus ook, soos die ei­e­naars van daar­die plan­ta­sie, op die kap­tein – in wat­ter ge­daan­te hy ook al mag ver­skyn, om ons lot te be­paal? Ek dink ons weet daar­die dag gaan kom!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.