Nie­mand kan Chris­tus ooit uit Chris­te­ne se hart weg­neem

Volksblad - - Kommentaar -

Dr. Da­wie Bo­tes, le­raar: NG kerk Vre­de­Wes

O­god­jie met sy skyn­ba­re haat en on­ge­mak ten op­sig­te van die E­van­ge­lie weet nie wat hy doen nie. Daar­om bid ek dat die He­re hom sal ver­ge­we, juis om­dat hy nie weet wat hy doen nie. Hy is ver­blind deur die af­god van die eie ek.

Die E­van­ge­lie het nuus vir jou: Jy kan Je­sus Chris­tus pro­beer weg­vat uit die sko­le, en pro­beer weg­wens, maar jy sal hom nooit weg­vat uit ons har­te nie. Lees maar oor die eeue waar re­ge­rings Chris­te­ne dood­ge­maak en ge­mar­tel het, en By­bels ver­brand en ker­ke pro­beer dood­maak het.

Die E­van­ge­lie kom net ster­ker uit, om­dat ons ’n le­wen­de He­re aan­bid wat Hom nie laat in­perk deur nie­ti­ge men­sies se ty­de­li­ke i­dee­tjies nie.

Vir die or­ga­ni­seer­der, jy is net ’n nie­ti­ge ou dam­pie. Bê­re dié brie­fie ê­rens in jou ge­heue of knip dit uit, want een­dag, dalk net een­dag, gaan jy so spyt wees oor wat jy doen.

Weet dan dat die Ge­na­de van die He­re Je­sus wat jy pro­beer weg­hou van ons kin­ders wat dit so no­dig het el­ke dag, ook vir jou daar sal wees. Gryp dit eer­der aan ter­wyl jy nog kan.

O­god­jie, jy kan skop en skree en tot­dat jy blou is op en af spring, my He­re is en bly die Ko­ning van al­le ko­nings, kom wat wil, tot in al­le e­wig­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.