ANC be­staan nie meer wat kie­sers lief­het

Volksblad - - Kommentaar -

Ann, Doug­las

Dié land en al­les in die land is op ’n skink­bord aan die ANC oor­han­dig. Al­les was reg om men­se op te hef, vir hul­le werk te skep, hui­se te bou, sko­le op te rig, en­so­voorts, en­so­voorts.

Maar toe kom die “mag­ti­ge” ANC ag­ter hier is groot geld. Hier kan ons me­kaar op­hef. Wat volg? Die wa­pen­skan­daal.Waar die man­ne in die voor­ste ge­stoel­tes pap en room ge­skep het.

Na­tuur­lik het al­mal van me­kaar se kor­rup­sie ge­weet.

Hoe dink jul­le het al­mal se kin­ders skie­lik duur mo­tors en so meer be­gin ont­vang? Be­slis nie uit pap­pa se sa­la­ris nie.

Die staats­kas is ge­melk. Maar die kie­ser het ag­ter­ge­bly. Die ANC wat hul­le “lief­het”, be­staan lank­al nie meer nie. On­be­perk­te mag en geld het die “ver­los­sers” ver­woes. Nou sit ons met ’n re­ge­ring wat hom­self van bin­ne ver­nie­tig. Breek tot by die ver­vol­gings­a­gent­skap­pe in om be­wy­se te ver­nie­tig. Boer in die ho­we om uit die tronk te bly.

Maar die bes­te van al­les is staat­skaping. Ja­cob Zu­ma ge­bruik sy kie­sers se geld om sy maats se trou­es te be­taal.

Ont­hou net: Met jou krui­sie be­paal jy jou eie toe­koms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.