K­nor­ri­ge ooms maak weer ’n draai in Bloem­fon­tein

Volksblad - - Kollig - El­re­tha B­ritz

Die­ge­ne wat ver­le­de jaar laat ge­slaap het met die koop van kaar­tjies vir Ooms, kry vol­gen­de maand kans om To­bie Cron­jé en Ger­ben Kam­per in dié ko­me­die in Bloem­fon­tein te sien.

Ooms, ge­skryf deur Chris Vor­ster, wat dees­dae ’n do­sent in rol­prent­kuns aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) is, het man en muis ver­stom. Ná die de­buut ver­le­de jaar op die In­ni­bos­fees, het dit op ver­skeie fees­te ge­speel, selfs op die Op­pi­wa­ter­fees, en steeds vra die pu­bliek vir op­voe­rings, sê Kam­per.

Die to­neel­stuk han­del oor twee k­nor­ri­ge ooms in ’n ou­e­te­huis. Frans (Kam­per) het in Huis P­hoe­nix be­land na­dat hy weens “on­heb­be­li­ke ge­drag” uit Huis Sil­wer­kruin ge­skors is. Pier­re (Cron­jé) en Frans meen Huis P­hoe­nix is eint­lik ’n tronk. Dit is ge­leë op ’n weel­de­ri­ge land­goed ê­rens in die Kaap, is “deeg­lik om­hein en daar is dag en nag wag­te en hon­de. Al ma­nier hoe jy vry­wil­lig hier kan uit­kom, is in ’n doods­kis,” sê Kam­per.

Saam be­gin die twee dan on­der­duim­se ont­snap­pings­plan­ne be­raam.

■ 4 Au­gus­tus om 19:30 en 5 Au­gus­tus om 15:00 en 19:30 in die Wyn­and Mou­ton­te­a­ter op die UV­kam­pus. R120 by Com­pu­tic­ket.

To­bie Cron­jé en Ger­ben Kam­per in die ko­me­die Ooms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.