90% van Li­ba­ne­se het DNS van Ka­na­ä­nie­te

Volksblad - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die ge­ne­tie­se sa­me­stel­ling van die Ka­na­ä­nie­te, een van die be­vol­kings in die By­bel, is ná 4 000 jaar be­paal en ver­ge­lyk met he­den­daag­se men­se van Li­ba­non.

Dié ge­ne­tie­se ma­te­ri­aal is ont­trek uit vyf in­di­vi­due wat meer as 4 000 jaar ge­le­de in die kus­stad Si­don ge­leef het. Hul­le is in groot pot­te be­gra­we, soos baie an­der men­se van die tyd, vol­gens die na­vor­sing wat in die vak­joer­naal Jour­nal of Hu­man Ge­ne­ti­cs ge­pu­bli­seer is.

Si­don is van 3 000 tot 359 v.C. be­woon deur die Ka­na­ä­nie­te, wat la­ter die Fe­ni­si­ërs ge­word het. Op­gra­wings by Si­don het al in 1914 be­gin en duur steeds voort.

Vol­gens die Wel­l­co­me Trust San­ger-in­s­ti­tuut, wat die ge­ne­tie­se toet­se ge­doen het, is die vol­le­di­ge ge­ne­tie­se sa­me­stel­ling van die vyf an­tie­ke men­se vol­tooi. Dit is toe ver­ge­lyk met 99 men­se van die he­den­daag­se Li­ba­non.

Die By­bel lui dat die Ka­na­ä­nie­te to­taal uit­ge­wis is. Daar is eg­ter be­vind dat 90% van Li­ba­ne­se wat van­dag leef, steeds dié an­tie­ke men­se se ge­ne het. ’n Klein deel­tjie van hul ge­ne­tie­se sa­me­stel­ling is van Eu­ra­sie­se af­koms.

Om­dat men­se op pa­pi­rus ge­skryf het pleks van op klei­ta­blet­te, is daar min teks­te be­skik­baar oor die Ka­na­ä­nie­te.

Daar is vol­gens die na­vor­sers wel in­lig­ting op­ge­bou uit an­tie­ke E­gip­tie­se en G­riek­se teks­te, He­breeu­se de­le uit die By­bel en op­gra­wings.

Vol­gens die na­vor­sers was dit ’n aan­ge­na­me ver­ras­sing om DNS te kon ont­trek uit mon­sters wat in ’n warm ge­bied voor­kom. Dit is ge­doen deur mon­sters uit die s­ke­del te neem.

Dr. Chris Ty­ler-Smith, wat die na­vor­sing ge­lei het, het ge­sê ge­ne­tie­se stu­dies wat an­tie­ke DNS ge­bruik, kan ons ken­nis van ge­skie­de­nis ver­breed. “En vrae be­ant­woord oor die her­koms en na­sa­te van e­nig­ma­tie­se be­vol­kings soos die Ka­na­ä­nie­te wat min in­lig­ting na­ge­laat het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.