I­ta­li­a­ner se ver­hoor oor Duit­se mo­del be­gin

Volksblad - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die ver­hoor van ’n I­ta­li­aan­se ar­gi­tek wat na be­we­ring ’n Duit­se mo­del in Tam­boers­kloof ver­krag het, sal van­dag be­gin.

Car­lo Mon­ta­na­ro (42) het op 7 Ju­lie in die streek­hof in Kaap­stad skuld op aan­klag van ver­krag­ting ont­ken.

Die be­weer­de ver­krag­ting het in No­vem­ber 2016 op ’n swem­bad­par­ty­tjie in Whi­te Vil­la in Ken­mo­re­weg in Tam­boers­kloof ge­beur.

Whi­te Vil­la word glo vir par­ty­tjies uit­ver­huur.

S­te­fan Dau, wat ver­ant­woor­de­lik is vir die Gre­at Whi­te Din­ners in Suid-A­fri­ka, het die par­ty­tjie ge­re­ël wat glo deur so­wat 20 voor­aan­staan­de Duit­sers by­ge­woon is.

In­ge­vol­ge wet­ge­wing mag die naam van die mo­del, wat deur Top­co-mo­del­a­gent­skap in SuidA­fri­ka ver­teen­woor­dig word, nie be­kend ge­maak word nie.

Par­tye het vroe­ër ver­geefs bui­te die hof pro­beer skik.

Ju­an S­muts, Mon­ta­na­ro se regs­ver­teen­woor­di­ger, het be­ves­tig sy kli­ënt het skuld ont­ken.

Vol­gens S­muts voer Mon­ta­na­ro aan dat die voor­val ge­beur het toe hy al­mal, on­der wie die klaag­ster, ge­groet het net voor­dat hy die par­ty­tjie ver­laat het.

Ge­tui­es sal glo vir die ver­hoor (wat vir drie dae op die hof­rol is) van Duits­land in­ge­vlieg word.

Mon­ta­na­ro bly in Suid-A­fri­ka se­dert hy aan­ge­kla is.

Hy het die land die af­ge­lo­pe ses jaar el­ke jaar be­soek.

Hy is op waar­sku­wing vry­ge­laat en moet hom drie keer per week by ’n po­li­sie­kan­toor aan­meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.