Waar­de van Ab­sa se huis­le­nings daal

Volksblad - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

Suid-A­fri­ka­ners koop steeds mo­tors en leen geld – maar hul­le maak min­der skuld op hul kre­diet­kaar­te en min­der van hul­le koop huis.

Dit blyk uit Bar­clays A­fri­ca se re­sul­ta­te vir die half­jaar tot ein­de Ju­nie, wat gis­ter­og­gend uit­ge­reik is. Bar­clays A­fri­ca be­dryf Ab­sa in Suid-A­fri­ka.

Die bank­groep se ge­nor­ma­li­seer­de we­sens­ver­dien­ste het met 7% tot R7,8 mil­jard ge­styg. Groei in die twee­de helf­te van die boek­jaar gaan eg­ter in lae en­kel­sy­fers wees, sê Ma­ria Ra­mos, uit­voe­ren­de hoof.

Die bank ver­wag dat SuidA­fri­ka se e­ko­no­mie in 2017 met net 0,3% gaan groei – die­self­de groei­koers as in 2016 en min­der as die 0,5% wat die Re­ser­we­bank op 20 Ju­lie voor­spel het.

On­danks die druk op ver­brui­kers, het min­der Ab­sa-kli­ën­te in die af­ge­lo­pe half­jaar ag­ter­stal­lig ge­raak met hul skuld – met die groot uit­son­de­ring by per­soon­li­ke le­nings. Per­soon­li­ke le­nings word soms deur reeds skuld­be­laai­de ver­brui­kers ge­bruik om an­der skuld te be­taal of deur men­se wat nie toe­gang tot an­der vor­me van kre­diet het nie.

Ab­sa het 6% méér geld vir mo­tor­le­nings toe­ge­staan en 3% meer vir per­soon­li­ke le­nings, maar die waar­de van huis­le­nings het met 1% ge­daal en van kre­diet op kre­diet­kaar­te met 3%.

Die bank se nie-ren­te-in­kom­ste het met 3% tot R10,452 mil­jard ge­groei. Dié sy­fer, wat on­der meer bank­kos­te in­sluit, is vir ban­ke be­lang­rik om­dat dit daar­op kan dui dat meer men­se meer bank­diens­te ge­bruik. Dit styg of daal ook nie na ge­lang van ren­te­koer­se nie – wat on­langs met 0,25 per­sen­ta­sie­punt ver­laag is.

Die we­sens­ver­dien­ste van al­le Bar­clays-bank­diens­te in SuidA­fri­ka het met 6% tot R6,149 mil­jard ge­styg, maar die we­sens­ver­dien­ste vir klein­han­del­bank­diens­te (dus Ab­sa se ge­wo­ne kli­ën­te) het met 9% ge­daal. An­der af­de­lings in Suid-A­fri­ka is kor­po­ra­tie­we en be­leg­gings­bank­diens­te, sa­ke­bank­diens­te en wel­vaart­be­stuur.

In die res van A­fri­ka het Bar­clays se we­sens­ver­dien­ste met 19% tot R1,469 mil­jard ge­styg. Dit het met 50% toe­ge­neem voor­dat dit in die (ster­ker) rand oor­ge­ska­kel is. Die in­kom­ste uit die res van A­fri­ka ver­teen­woor­dig nou 19% van Bar­clays A­fri­ca se in­kom­ste, ver­ge­le­ke met 17% in 2016.

Die syfers is moei­lik om te peil om­dat Bar­clays A­fri­ca twee syfers weer­gee – die stan­daar­dre­ken­kun­di­ge syfers en “ge­nor­ma­li­seer­de” syfers. Laas­ge­noem­de sluit die aan­pas­sings in as­of Bar­clays A­fri­ca reeds ont­knoop is van sy B­rit­se moe­der­maat­skap­py. Dié pro­ses duur voort.

Die af­skry­wing van sleg­te skuld val met 27% tot R3,8 mil­jard.

In syfers

Die ge­nor­ma­li­seer­de ver­wa­ter­de we­sens­ver­dien­ste per aan­deel styg met 7% tot 917,7c.

Die tus­sen­tyd­se di­vi­dend van 475c per aan­deel is 3% ho­ër as in 2016. Die af­skry­wing van sleg­te skuld val met 27% tot

R3,8 mil­jard, wat die bank se kre­diet­ver­lies­koers tot 0,96% laat daal (van 1,29%).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.