Hoe­veel moet jy hoes vir ad­vies oor geld?

Volksblad - - Sake - Sa­ke­ge­sprek met T­heo Vor­ster

Sa­ke en Sau­vig­non se slyp­sko­le ver­le­de week op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein was ’n be­son­der­se ge­leent­heid – Me­dia24 het ’n wen­ner beet met sy Fees­ka­fee-kon­sep, waar al die koe­ran­te, TV-ka­na­le (kykNET en Via) en tyd­skrif­te on­der een dak is.

’n Iet­wat bit­ter na­smaak was ge­sprek­ke met men­se oor die kos­te wat hul­le op be­leg­gings en vir be­leg­gings­ad­vies be­taal.

Ek vind dit am­per mis­da­dig as ’n oom en tan­nie jou ver­tel dat ’n ad­vi­seur hul­le ’n aan­vangs­ta­rief van tus­sen 3% en 5% op hul be­leg­gings kwo­teer – op ’n nes­ei­er van R5 mil­joen kom dit neer op ’n aan­vangs­ta­rief van tus­sen R150 000 en R250 000 wat na die ad­vi­seur se nes­ei­er gaan!

Daar is oor­ge­noeg be­wy­se dat men­se wat fi­nan­si­ë­le ad­vi­seurs ge­bruik aan­sien­lik be­ter daar­aan toe is as men­se wat nié fi­nan­si­ë­le ad­vies ge­bruik nie. Die vraag is: Wat is ’n reg­ver­di­ge prys om vir die diens te be­taal?

Voor­dat ons by die kos­te van ad­vies kom: Die jong­ste stu­die (Ju­lie 2017) oor die waar­de van fi­nan­si­ë­le ad­vies kom van die In­ter­na­ti­o­nal Lon­ge­vi­ty Cen­t­re in B­rit­tan­je (ILC-UK).

In dié stu­die is daar na werk­li­ke da­ta van meer as 90 000 huis­hou­dings in En­ge­land ge­kyk.

Die slot­som was dat men­se wat fi­nan­si­ë­le ad­vi­seurs ge­bruik be­ter daar­aan toe is as men­se wat nié ad­vi­seurs ge­bruik nie, on­ge­ag hoe wel­va­rend hul­le is.

“Ar­mer” men­se, of­te­wel men­se wat op ’n streng be­gro­ting moet oor­leef, was om die waar­heid te sê 21% be­ter daar­aan toe. Die wel­va­rend­ste groep men­se was 16% be­ter daar­aan toe. Dis ver­ge­le­ke met men­se wat nié fi­nan­si­ë­le ad­vies ge­bruik het nie.

Die vraag is nou: As fi­nan­si­ë­le ad­vies so ’n groot by­drae le­wer tot jou fi­nan­si­ë­le wel­vaart, wat is ’n bil­li­ke kos­te­struk­tuur vir goeie ad­vies?

Om die vraag be­hoor­lik te ant­woord, is dit be­lang­rik om die ver­skil­len­de kos­te uit me­kaar te hou aan­ge­sien ap­pels nie al­tyd met ap­pels ver­ge­lyk word nie – die pun­te hier­on­der is op die grond­slag dat die ad­vi­seur uit­ein­de­lik vir die fi­nan­si­ë­le ont­le­ding, be­plan­ning en in­wer­king­stel­ling ver­ant­woor­de­lik gaan wees, te­sa­me met die deur­lo­pen­de be­stuur en mo­ni­tor van die por­te­feul­je:

Geld wat van die be­leg­ging af­ge­trek word voor­dat jou geld be­lê word (dit word ge­woon­lik struk­tu­re­ring-, in­wer­king­stel­ling­of be­plan­nings­geld ge­noem): Die ver­trek­punt hier is dat daar ge­woon­lik heel­wat werk ge­doen moet word al­vo­rens ’n vol­le­di­ge plan, met ont­le­dings, lang­ter­myn- fi­nan­si­ë­le mo­del­le en ’n be­leg­gings­aan­be­ve­ling, aan die kli­ënt ge­doen kan word. Die ver­trek­punt is dat die kos­te aan tyd en kun­dig­heid ge­kop­pel be­hoort te word. As ’n rig­lyn be­hoort dit ie­wers tus­sen R7 500 en R25 000 (in­dien werk­lik ge­kom­pli­seerd) te wees in­dien die be­leg­ger wel die be­leg­ging uit­ein­de­lik by die ad­vi­seur plaas. In die R5 mil­joen­ge­val hier­bo be­hoort die be­plan­nings­kos­te nie meer as so R7 500 te wees nie.

Geld vir die be­stuur van die on­der­lig­gen­de be­leg­gings­por­te­feul­je: As ver­trek­punt moet die to­ta­le deur­lo­pen­de be­drag nie meer as 3% van die waar­de van die ba­tes per jaar be­loop nie. Af­han­gend van die struk­tuur van die be­leg­ging (ak­tief vs. pas­sief of bin­ne­lands vs. bui­te­lands) kan die 3% per jaar heel­wat ver­laag word.

Om die to­ta­le deur­lo­pen­de gel­de te ver­staan, moet drie e­le­men­te uit­me­kaar ge­hou word:

■ Ad­vies­geld: So­wat 1% van die ba­tes on­der be­stuur;

■ Plat­form- en ad­mi­nis­tra­sie­geld: Vlak­ke van tus­sen 0,5% en 0,75% van die ba­tes on­der be­stuur is re­de­lik stan­daard in die ef­fek­te­trust­fonds- en be­leg­gings­be­dryf.

■ On­der­lig­gen­de fonds­be­stuurs­geld: Dié be­drag kan wis­sel van 0,5% tot 2% van die ba­tes on­der be­stuur af­han­gend van die fonds­be­stuur­der se spe­si­fie­ke man­daat.

Daar is al­ter­na­tie­we vir so ’n ta­rief­struk­tuur, ver­al waar die be­leg­ger net ’n spe­si­fie­ke diens of kun­dig­heid wil be­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.