Rand gaan sy man bly staan

Volksblad - - Sake - Da­vid van Rooy­en

Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie kan nie die ge­beu­re in die res van die wê­reld ont­glip nie.

Doem­pro­fe­te sou ver­wag dat die waar­de van die rand teen dié tyd ná al die sleg­te e­ko­no­mie­se nuus van die laas­te ruk heel­te­mal in duie sou ge­stort het, maar hy staan nog sy man teen die wê­reld se ver­naam­ste geld­een­he­de – en die land se voor­ste e­ko­no­me dink dit sal nog ’n ruk so bly.

Die ster­ker as ver­wag­te rand, wat voor- en na­de­le vir die e­ko­no­mie in­hou, is groot­liks as ge­volg van die swak­ker dol­lar wat weens lae ren­te­koer­sen in­fla­sie­ver­wag­tin­ge in A­me­ri­ka on­der druk is.

Die jong­ste voor­spel­ling van die 30 e­ko­no­me wat aan Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar-wed­stryd deel­neem, is dat die ge­mid­del­de wis­sel­koers van die rand vs. die dol­lar in die laas­te kwar­taal R13,40 gaan wees.

Die voor­spel­ling is be­ter as die vo­ri­ge maand se R13,50 en dit is die vier­de op­een­vol­gen­de maand se­dert A­pril dat die e­ko­no­me hul voor­spel­ling oor die rand ver­be­ter het.

Hul kon­sen­sus het in A­pril, kort na­dat Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank is en ons bui­te­land­se kre­diet­gra­de­ring ver­laag is, tot ’n ge­mid­del­de wis­sel­koers van R13,62 per dol­lar ver­swak.

Die re­de vir die ste­wi­ger ver­wag­tin­ge se­dert­dien is dat die dol­lar tans die swak­ste in so­wat twee jaar teen ’n mand­jie geld­een­he­de ver­han­del. Die dol­lar is on­der druk om­dat dit lyk as­of die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed), A­me­ri­ka se sen­tra­le bank, ren­te­koer­se nie so vin­nig gaan ver­hoog soos wat aan­vank­lik ver­wag is nie om­dat die land se in­fla­sie­koers steeds baie laag is.

So­lank A­me­ri­kaan­se ren­te­koer­se op ’n his­to­rie­se laag­te­punt is, vloei geld uit dié land na ont­lui­ken­de mark­te, soos Suid-A­fri­ka, waar die op­brengs­te baie ho­ër is.

Bui­te­lan­ders be­lê nie meer so­veel op die JSE nie, maar daar vloei nog baie geld na die Suid-A­fri­kaan­se ef­fek­te­mark waar ren­te­koer­se baie ho­ër as in A­me­ri­ka is.

Die Fed het juis ver­le­de week aan­ge­kon­dig dat die in­fla­sie­druk in A­me­ri­ka so laag is dat ren­te­koer­se dalk nie, soos ver­wag, gaan styg nie. Die rand het ná dié aan­kon­di­ging on­mid­del­lik van R13,07 vir ’n dol­lar tot R12,90 ver­ste­wig.

Die ster­ker as ver­wag­te rand is eg­ter swak vir e­ko­no­mie­se groei om­dat dit ’n dem­per op uit­voer plaas. Uit­voer­ders kry baie min­der in rand vir hul uit­voer as die rand ster­ker is.

Dit is dus geen won­der nie dat die e­ko­no­me hul voor­spel­ling oor e­ko­no­mie­se groei vir die vier­de op­een­vol­gen­de maand af­waarts aan­ge­pas het.

Die jong­ste kon­sen­sus­voor­spel­ling is dat die e­ko­no­mie van­jaar net met 0,58% sal groei teen­oor die vo­ri­ge maand se voor­spel­ling van 0,62%. Die e­ko­no­me het in Maart van­jaar nog groei van 1,18% ver­wag.

Vir aan­staan­de jaar word groei van 1,21% nou ver­wag.

Die e­ko­no­me word el­ke maand ge­vra om voor­spel­lings oor 14 e­ko­no­mie­se ver­an­der­li­kes te maak en die voor­spel­lings word dan deur prof. Eon S­mit, voor­ma­li­ge hoof van die Na­graad­se Be­stuur­skool van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, in ’n kon­sen­sus­voor­spel­ling ver­werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.