Brendan nie op Ac­kers se Kers­ly­sie oor El­ton

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter van die Leeus, het Sa­ter­dag­aand ná sy span se se­ge oor die Hur­ri­ca­nes ’n hou ge­mik na die S­pring­bok­ke se ver­de­di­gings­af­rig­ter, Brendan Ven­ter.

Dit was na aan­lei­ding van ’n ru­briek wat Ven­ter ver­le­de week op Ti­mes Li­ve se web­werf ge­skryf het waar­in hy die Leeus se brei­er daar­van be­skul­dig dat hy fou­teer het om sy los­ska­kel, El­ton Jan­tjies, van die veld te haal in die kwart­eind­stryd teen die Haaie.

Dit na­dat Jan­tjies dui­de­lik die kluts kwyt­ge­raak het in dié wed­stryd en ook met vier stel­skop­pe na die pa­le mis­luk het.

Jan­tjies het Sa­ter­dag, na­dat hy weer nie goed be­gin het nie, al­gaan­de al hoe be­ter en met meer self­ver­troue ge­speel en 19 pun­te aan­ge­te­ken. Hy het ook een van die ses drieë ge­druk.

“Ge­luk­kig het ek en El­ton ’n baie goeie ver­hou­ding en nie soos Brendan (Ven­ter) sê nie. Ek het ’n goeie ver­hou­ding met al my spe­lers en glo ek weet op wat­ter vlak om met hul­le te werk,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Ven­ter het ge­skryf hy ver­staan nie Ac­ker­mann se be­sluit om Jan­tjies te ver­vang teen die Haaie nie. Hy het ook be­vraag­te­ken of Ac­ker­mann weer sy ver­hou­ding met Jan­tjies sou kon her­stel. Vol­gens hom sou die be­sluit daar­die ver­hou­ding be­slis ge­skaad het.

“Ek was baie trots op El­ton en hy het sy ka­rak­ter ge­wys. Ons het in die aan­loop tot hier­die wed­stryd soos al­tyd goed met hom ge­werk. Daar is be­slis geen ge­brek­ki­ge ver­hou­ding tus­sen my en El­ton nie,” het Ac­ker­mann Sa­ter­dag ge­sê.

Ven­ter het in sy ru­briek ge­sê net soos spe­lers fou­te maak, maak af­rig­ters ook fou­te.

“Jan­tjies het vir lang tye goeie spel on­der druk vir die Leeus ge­le­wer. Ek wil nou net weet of die af­rig­ters hul ver­hou­ding kan her­stel, want dit het hom ge­skaad deur hom te ver­vang.”

Die Leeus het met hul skit­ter­ver­to­ning teen die Hur­ri­ca­nes Ven­ter se kwel­ling oor wat in­tern daar by hul­le aan­gaan op geen on­dui­de­li­ke wy­se be­ant­woord nie en sy neus in sy eie woor­de ge­vryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.