24 uur

Volksblad - - Sport - ‘Aak­li­ge ge­skil’ – Clar­ke

Die bit­ter ge­skil tus­sen K­rie­ket Aus­tra­lië (CA) en be­roep­spe­lers in die land is “aak­lig” en sal die ver­hou­ding tus­sen die twee on­her­stel­ba­re ska­de be­rok­ken.

Dit was gis­ter die me­ning van die voor­ma­li­ge Aus­tra­lie­se krie­ket­kap­tein Mi­cha­el Clar­ke.

Ná maan­de van on­der­han­de­lin­ge tus­sen die man­ne in die raad­saal en die spe­lers op die veld oor ’n nu­we sa­la­ris­struk­tuur, is daar steeds geen op­los­sing nie. In die sta­di­um is die 230 spe­lers in diens van CA se­dert ein­de Ju­nie, toe hul­le kon­trak­te ver­val het, werk­loos.

Ja­mes Sut­her­land, CA se uit­voe­ren­de hoof, het ge­sê as nog ’n ron­de in­ten­sie­we on­der­han­de­lings oor die voor­ge­stel­de ver­de­ling van in­kom­ste vroeg van­dees­week wéér skip­breuk ly, sal die be­heer­lig­gaam ge­noop wees om die hulp van ’n ny­wer­heids­ar­bi­ter in te roep om die saak te be­sleg. – Reuters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.