‘Bolt bly die guns­te­ling’

Volksblad - - Sport -

Die voor­ma­li­ge 100 m­wê­reld­re­kord­hou­er Do­no­van Bai­ley waar­sku hui­di­ge blit­se om U­sain Bolt nie te on­der­skat nie.

Bolt het dié sei­soen ’n bes­te tyd van 9.95 sek. aan­ge­te­ken. Dit is reeds deur ’n he­le rits na­el­lo­pers ver­be­ter.

De­son­danks is Bolt (30) steeds die groot guns­te­ling om die na­week sy vier­de wê­reld­ti­tel by die Wê­reld­at­le­tiek­by­een­koms in Lon­den te ver­o­wer, meen Bai­ley, ’n voor­ma­li­ge wê­relden O­lim­pie­se kam­pi­oen. Me­de­din­gers sal ’n fout­lo­se ver­to­ning moet le­wer om Bolt te klop, sê hy.

Bolt is tans saam met Jus­tin Gat­lin se­wen­de op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies se rang­lys (IAAF). Die A­me­ri­ka­ner Chris­ti­an Co­le­man is bo­aan die lys na­dat hy ver­le­de maand 9.82 af­ge­blits het.

Yo­han Bla­ke van Ja­mai­ka is twee­de (9.90) en Suid­A­fri­ka se A­ka­ni Sim­bi­ne (9.92) der­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.