Ac­kers wil ver­goed

‘Ja, die tyd is hier, nou is dit fi­naal’

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han Ac­ker­mann hoop hy kan die te­leur­stel­ling wat hy ’n de­ka­de ge­le­de as spe­ler in ’n Su­per-eind­stryd er­vaar het, Sa­ter­dag be­gra­we wan­neer hy as af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span af­skeid neem.

“Ho­pe­lik gaan hier­die vir my ’n eind­stryd van vreug­de wees en kan ek van El­lis­park af­skeid neem soos ek daar­oor droom,” het hy Sa­ter­dag­aand ge­sê na­dat sy span die Hur­ri­ca­nes in die half­eind­stryd in ’n te­rug­veg­po­ging met 44-29 op El­lis­park in Jo­han­nes­burg ver­slaan het.

Tien jaar ge­le­de, in 2007 se Su­per-eind­stryd, was Ac­ker­mann as slot van die Haaie aan die ont­vang­kant van daar­die drie in die dood­snik­ke op Kings­park in Dur­ban toe Bry­an Ha­ba­na die tro­fee uit die tuis­span se han­de ge­ruk het om die Bul­le te laat se­ë­vier.

“Nou kan ek maar net hoop hier­die eind­stryd gaan vir my op ’n be­ter noot ein­dig,” het hy ge­sê oor die Leeus se af­spraak Sa­ter­dag met die Cru­sa­ders om te be­paal wie Su­per-glo­rie gaan proe.

“Dit gaan ’n groot dag wees en my wens is dat 60 000 toe­skou­ers in rooi gaan op­daag om dit saam met ons te be­leef.”

Dit is ook die dag waar­op Ac­ker­mann van Leeus-rug­by en El­lis­park af­skeid gaan neem.

Ac­ker­mann sluit hom bin­ne­kort aan by die En­gel­se klub­span Glou­ces­ter as nu­we hoof­af­rig­ter.

“Ja, die tyd het ge­kom. Nou is dit fi­naal. Die laas­te paar we­ke was daar met el­ke wed­stryd die on­se­ker­heid of dit daar­die een gaan wees, maar nou weet ons al­mal dit is nou die oom­blik. “Met die laas­te paar wed­stry­de het ek – el­ke keer wan­neer ek voor ’n wed­stryd met die spe­lers ge­praat het en hul­le s­terk­te toe­ge­wens het – ge­weet my tyd saam met hul­le word min­der.

“Ek wil nie hei­lig klink nie, maar al die dank kom die He­re toe vir hoe Hy ons deur die ja­re hier by die Leeus ge­se­ën het.

“As ek hier by El­lis­park deur die hek ry, dink ek aan al­mal wat in my won­der­li­ke klom­pie ja­re by die Leeus ’n rol ge­speel het. Van die be­stuur­span tot die spe­lers, die per­so­neel en selfs

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Leeu­flank K­wag­ga Smith op pad na sy drie aan die ein­de van Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.