Fla­min­ke broei weer op Kam­fers­dam

Volksblad - - Voorblad - C­har­né Kemp

Daar is ná ja­re die eer­ste keer weer fla­mink­nes­te op die Kam­fers­dam by Kim­ber­ley.

B­ri­an Cul­ver, ’n plaas­li­ke fo­to­graaf, het die na­week fo­to’s ge­neem van die fla­min­ke en hul nu­we nes­te op die dam.

Die klein- en groot­fla­min­ke wei nou op die pan na­dat die Sol Plaat­je-mu­ni­si­pa­li­teit on­langs weer ge­sui­wer­de ri­ool­wa­ter na die pan be­gin pomp het.

Die pan het maan­de lank droog ge­lê weens ’n ge­breek­te ri­ool­pomp en ver­stop­te py­pe. Die fla­min­ke het van die droë pan weg­ge­vlieg.

Sel­lo Mat­sie, mu­ni­si­pa­le woordvoerder, sê die pro­ble­me is op­ge­los. “Ons pomp weer ge­sui­wer­de wa­ter na die pan.

“Ons ont­vang baie ver­soe­ke vir wa­ter en moet dit teen me­kaar op­weeg. Be­ne­wens die wa­ter

wat ons aan my­ne ver­koop en na die gholf­baan en die Op­pen­hei­mer-tui­ne pomp, is daar ook ver­soe­ke van sko­le vir be­sproei­ings­wa­ter. Kam­fers­dam kry die wa­ter wat oor­bly.”

Cul­ver sê die nes­te wat hy op

die suid­wes­te­li­ke deel van die pan af­ge­neem het, was be­slis nie ’n maand ge­le­de daar nie. “’n Mens hoop dat hul­le sal broei, maar dit kan nie suk­ses­vol wees nie. Daar is te veel men­se en die­re wat die ei­ers of kui­kens

sal vat of steur. Dit is be­ter om op die mens­ge­maak­te ei­land te broei waar hul­le af­ge­son­der is.”

Ta­nia An­der­son van die Red die Fla­mink-or­ga­ni­sa­sie, sê daar is nou na ra­ming so­wat 20 000 vo­ëls op die pan.

“Ons ver­moed die kui­kens is vyf maan­de oud en het waar­skyn­lik ná die goeie re­ën­sei­soen in Botswa­na uit­ge­broei.

“Daar kan so­wat 40 000 vo­ëls in i­de­a­le om­stan­dig­he­de op die Kam­fers­dam wees. Die vol­was­se vo­ëls sal nor­maal­weg in Ok­to­ber of No­vem­ber ná die re­ën­sei­soen be­gin broei.

“Et­li­ke ja­re ge­le­de was daar waar­skyn­lik 80 000 fla­min­ke op die pan. Dit was eg­ter ’n bui­ten­ge­wo­ne ge­beur­te­nis. Die om­stan­dig­he­de was i­de­aal. Die fla­min­ke het toe nes­te op ’n mens­ge­maak­te ei­land in die vol pan ge­bou. Die ei­land is af­ge­son­der en weg van mens­li­ke be­dry­wig­he­de. Daar was ge­noeg mod­der op die ei­land om nes­te te bou. Die pan­wa­ter was vol al­ge waar­op die fla­min­ke ge­leef het.

“In die vier jaar wat die fla­min­ke op die ei­land ge­broei het, is so­wat 24 000 kui­kens groot­ge­maak.”

Die mod­der, en daar­mee nes­ma­te­ri­aal, het la­ter met vloe­de weg­ge­spoel.

Vol­gens haar is dit on­moont­lik om die be­we­gings en broei­plek­ke van die vo­ëls te voor­spel.

Fo­to: B­RI­AN CUL­VER

’n Plaas­li­ke fo­to­graaf het die af­ge­lo­pe na­week moed ge­skep na­dat hy so­wat 20 000 van Kim­ber­ley se be­ken­de fla­min­ke op Kam­fers­dam af­ge­neem en ’n paar nes­te ge­sien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.