Vry­sta­ter by ap­teek in Kaap ge­skiet ná mis­luk­te ka­ping

Volksblad - - Voorblad - S­han­tel Mo­ses

’n Vry­sta­ter wat in ’n mis­luk­te ka­ping ge­wond is na­dat hy hooi­koor­spil­le by die M-Kem-ap­teek (M-Kem is 24 uur per dag en 365 dae per jaar oop) in Bell­vil­le gaan koop het, sterk in die Ty­ger­berg-hos­pi­taal aan.

Vol­gens Ma­ri­us Nieu­woudt, be­dryfs­be­stuur­der van die deur­nag­ap­teek, is hy Maan­dag­aand om­streeks 21:20 na die to­neel van die skie­te­ry ont­bied.

Die Vry­sta­ter, F­re­de­rick Ma­rais, het glo sy voer­tuig langs Dur­ban­weg ge­par­keer voor­dat hy by die ap­teek in is. “Hy was klaar by die ap­teek en reeds van die per­seel af toe die mans hom aan­val. Dit wil voor­kom as­of die mans hom in­ge­wag het.”

Kapt. F.C. van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mans het ’n vuur­wa­pen op Ma­rais ge­rig en op sy mo­tor­sleu­tels aan­ge­dring. Toe hy wei­er, het twee van die mans hom uit die mo­tor ge­trek en is hy in die reg­ter­been ge­skiet. Die man is meer as een keer in die been ge­wond.

“Die ka­pers het ver­geefs pro­beer weg­kom met die mo­tor.”

Die aan­val­lers is toe in ’n weg­kom­mo­tor vort.

Nieu­woudt sê Ma­rais se sil­wer­kleu­ri­ge Volks­wa­gen Golf is eers gis­ter­og­gend van die to­neel ver­wy­der. Nieu­woudt het die po­li­sie, die am­bu­lans­diens en die ap­teek se vei­lig­heids­be­amp­tes vir hul vin­ni­ge op­tre­de ge­loof. “Die po­li­sie was baie vin­nig op die to­neel. My men­se (vei­lig­heids­be­amp­tes) het hul­le na die to­neel ge­haas en se­ker ge­maak dat die skelms nie by die ap­teek in­hard­loop nie.”

Hy sê daar was ook nog ’n ver­pleeg­kun­di­ge van die ap­teek aan diens wat Ma­rais op die to­neel be­han­del het voor­dat die pa­ra­me­di­ci op­ge­daag het. Nieu­woudt sê dit is die eer­ste keer dat so iets by hul ap­teek ge­beur.

War­ren Cu­pi­do, woordvoerder van die Resq Me­dix-am­bu­lans­diens, sê Ma­rais is in ’n kri­tie­ke, maar be­sten­di­ge toe­stand na die Ty­ger­berg-hos­pi­taal ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.