Vloed­wa­ter raak­raak aan dak­ke in Hou­ston

Volksblad - - Nuus -

Ter­wyl cha­os in Hou­ston, Tex­as, heers met vloed­wa­ter wat Maan­dag reeds aan dak­ke van hui­se ge­lek-lek het en vas­ge­keer­de men­se wat van bin­ne hui­se om hulp ge­smeek het, het weer­voor­spel­lers ver­wag dat die tro­pie­se storm Har­vey van­dag oos van Hou­ston sal be­weeg en dan noord­waarts sal trek waar dit sy tro­pie­se krag sal ver­loor, be­rig News24.

Dit is die groot­ste storm wat Tex­as die af­ge­lo­pe 50 jaar ge­tref het en der­dui­sen­de men­se moes uit hul hui­se vlug.

Har­vey het Vry­dag laat na­by Cor­pus Chris­ti, so­wat 350 km van Hou­ston, aan land ge­kom en vol­gens die weer­diens is die erg­ste nog nie ver­by nie, aan­ge­sien dit nog dae lank gaan re­ën.

Die ver­wag­ting is ook dat de­le van die vier­de groot­ste stad in die VSA gis­ter of van­dag die 40 jaar oue re­kord vir die hoog­ste re­ën­val­sy­fer in ’n tro­pie­se storm – 1,22 m in die tro­pie­se storm A­me­lia in 1978 in Tex­as – kan oor­skry, sê me­te­o­ro­loë.

In Lou­i­si­a­na het beel­de van die ver­woes­ting in Hou­ston pyn­li­ke her­in­ne­rin­ge vir baie oor­le­wen­des van die or­kaan Ka­tri­na in 2005 ge­bring.

In Washing­ton het pres. Do­nald Trump se administrasie die kon­gres ver­se­ker dat die $3 miljard in die ramp­fonds ge­noeg is om on­mid­del­li­ke be­hoef­tes, soos die op­rui­ming van die puin en ty­de­li­ke skui­ling vir ont­wor­tel­de in­wo­ners, te be­vre­dig. Trump sou Tex­as gis­ter be­soek.

Har­vey is die erg­ste storm wat die VSA in 13 jaar ge­tref het en die sterk­ste in Tex­as se­dert 1961 se or­kaan Car­la, die sterk­ste or­kaan wat nog in die staat op­ge­te­ken is.

The Washing­ton Post be­rig amp­te­na­re in Tex­as sê min­stens ne­ge men­se van wie hul­le weet, het tot dus­ver in die storm om­ge­kom.

Art A­ce­ve­do, po­li­sie­hoof, het aan AP ge­sê hul­le is be­kom­merd oor hoe­veel meer ly­ke hul­le nog gaan kry wan­neer skoon­maak­o­pe­ra­sies be­gin. Vol­gens Dai­ly Ma­ve­rick het die 911-nood­hulp­lyn meer as 75 000 op­roe­pe ont­vang.

Vi­se­ad­mi­raal Karl S­hultz, kus­wag­be­vel­voer­der, het aan CNN ge­sê 18 he­li­kop­ters is in Hou­ston en in­dien die weer dit toe­laat, is so­wat 12 in e­ni­ge sta­di­um in die lug, saam met dié van die na­si­o­na­le wag.

Men­se is aan­ge­moe­dig om op hul hui­se se dak­ke te klim en ’n hand­doek te waai so­dat die he­li­kop­ter­be­man­ning hul­le kan sien.

Kom­mer neem ook toe oor die ska­de wat die vloed­wa­ter in die na­bu­ri­ge Lou­i­si­a­na, waar­heen die storm op pad is, kan aan­rig, be­rig The Gu­ar­di­an. Trump het ’n nood­toe­stand vir dié ge­bied af­ge­kon­dig.

Fo­to: REU­TERS

’n Be­jaar­de vrou word in ’n rol­stoel na vei­lig­heid ge­bring. Der­dui­sen­de men­se moes uit hul hui­se vlug voor die tro­pie­se storm Har­vey.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.