Reg­ter be­veel vrou om haar mond nou te hou oor Toyo­ta

Volksblad - - Voorblad - Mi­ke van Rooy­en

’n Vrou van Wes­sels­bron moet haar mond nou oor Toyo­ta SuidA­fri­ka hou, het die hoog­ge­regs­hof in Bloemfontein ge­las.

El­ma­rie We­pe­ner (53) moet haar ge­dag­tes oor dié mo­tor­ver­vaar­di­ger nou vir haar­self hou, blyk uit die ver­bie­den­de be­vel wat reg­ter Cor­né van Zyl uit­ge­reik het.

We­pe­ner mag geen las­ter­lik­he­de kwyt­raak of pu­bli­seer, of Toyo­ta se werk­ne­mers teis­ter of dreig, of met Toyo­ta se sa­ke in­meng nie.

Die oor­sprong van dié be­ve­le is ’n 2001-mo­del Mit­subis­hi Colt­bak­kie wat sy op 27 Ja­nu­a­rie 2006 by Hugo & Hugo Toyo­ta in V­re­den­burg ge­koop het.

Daar­mee saam het sy vir haar ’n waar­borg tot 27 Ja­nu­a­rie 2008 ge­koop.

Na­dat dié waar­borg ver­stryk het, het die bak­kie ge­breek. Dit het R40 000 by Wes­sel­bron Toyo­ta ge­kos om dit te her­stel.

Sy het dit nie be­taal nie en ’n regs­ge­ding is teen haar in­ge­stel.

Vroeg in Ja­nu­a­rie 2010 dreig sy toe vir Toyo­ta Suid-A­fri­ka met reg­stap­pe. Daar­na was sy vier jaar lank stil.

Toe bel sy Toyo­ta se hoof­kan­toor in Sand­ton. ’n Brief met ’n re­ke­ning van R33 mil­joen vir ver­lies aan in­kom­ste, reis­kos­te, regs­kos­te, me­die­se kos­te en ska­de­ver­goe­ding vir las­ter het ge­volg.

’n Stort­vloed van op­roe­pe, e-pos­se, pla­sings op Fa­ce­book en ei­se vir nu­we mo­tors om die bak­kie te ver­vang, het ge­volg.

Sy het kwo­ta­sies vir ’n Au­di R8 van R3,4 mil­joen en ’n Bent­ley van R3,2 mil­joen na Toyo­ta laat stuur.

Sy was ook al by­na per taxi op pad na Wel­kom om daar vir haar ’n nu­we mo­tor op Toyo­ta se kos­te te gaan haal.

Haar geld­eis het ook teen Au­gus­tus 2016 tot R58,6 mil­joen ge­styg.

Teen 22 No­vem­ber was dit meer as ’n mil­jard rand.

Toyo­ta het op ver­skeie ma­nie­re pro­beer ver­dui­de­lik dat hy nie eens deel van die waar­borg­kon­trak was nie, en het haar na die om­buds­man ver­wys.

Ook daar het sy nie reg­ge­kom nie.

Van Zyl het be­vind dat haar ei­se heel­te­mal on­ge­grond en kwel­sug­tig is.

Haar on­reg­ma­ti­ge ge­drag kan vir Toyo­ta on­her­stel­ba­re ska­de veroorsaak, in­dien dit nie reeds ge­beur het nie.

In­dien sy nie nou ge­keer word nie, sal sy haar on­reg­ma­ti­ge veld­tog van teis­te­ring, drei­ge­men­te en las­ter teen Toyo­ta waar­skyn­lik voort­sit.

Van Zyl het ge­las dat We­pe­ner al­le pla­sings wat sy op Fa­ce­book of e­ni­ge web­tuis­te ge­maak het, moet ver­wy­der.

We­pe­ner moet ook Toyo­ta se regs­kos­te be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.