Om­stre­de spoed­wal­le word la­er ge­maak

Volksblad - - Voorblad - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die om­stre­de en ont­wrig­ten­de spoed­wal­le in Lu­cas S­teyn­weg in Heu­wel­sig wat in­wo­ners die laas­te tyd om­ge­krap het, gaan aan­ge­pas en ver­laag word.

Prof. Fief van der Mer­we, DAraads­lid van die Man­gaung-me­tro, het gister be­ves­tig dat dié spoed­wal­le, “wat skie­lik uit die blou­te son­der kon­sul­ta­sie op­ge­spring het”, la­er ge­maak word.

Dit kom na­dat hy Dins­dag ’n ver­ga­de­ring met die stads­be­stuur­der, adv. Tan­ki­so Mea, en van die toe­pas­li­ke amp­te­na­re ge­hou het.

Van der Mer­we sê die “groen lig” is hier ge­gee dat die spoed­wal­le la­er ge­maak word en dat die me­tro dit uit sy spoed­wal-be­gro­ting sal be­taal.

Van der Mer­we sê as raads­lid het hy meer as tien jaar ge­le­de ge­vra dat spoed­wal­le in Lu­cas S­teyn­weg aan­ge­bring word.

Op ’n ver­soek vir spoed­ka­me­ras is die voor­stel aan­vaar, maar toe die ka­me­ras op­ge­rig moes word, was daar nie geld nie.

“Skie­lik, son­der kon­sul­ta­sie met myself as die raads­lid in die ge­bied of met die ge­meen­skap, het hier agt spoed­wal­le in die straat ver­rys.”

Van der Mer­we sê die in­wo­ners het met die spoed­wal­le as sulks nie ’n pro­bleem nie, maar kla dat dit te hoog is en daar is in­wo­ners wat sê dit is te veel.

Hy sê hy en drie le­de van die pu­bliek, Lind­say Mould, dr. Jo­han Kemp en Cas Kemp­ff, ’n si­vie­le in­ge­ni­eur, het ’n af­spraak met die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der ge­maak so­dat die spoed­wal­le met hom en sy span be­spreek kon word.

Van der Mer­we sê ’n groot pro­bleem is dat mo­to­ris­te wat wil jaag, dit nou in Hen­ry Fa­ga­nen Ju­tastraat en Da­vid Botha-sin­gel doen.

Van der Mer­we sê hy hoop die saak sal nou ter rus­te ge­lê word. Die kon­trak­teur het on­der­neem om mô­re te be­gin om die spoed­wal­le la­er te maak.

Qon­di­le K­he­da­ma, hoof­be­stuur­der vir kom­mu­ni­ka­sie van die me­tro, sê die ver­soek om spoed­wal­le het van die ge­bied se in­wo­ners ge­kom.

“Ons het ag­ter­ge­kom daar is in­wo­ners in Heu­wel­sig wat on­te­vre­de is daar­oor.”

Mea het saam met die in­ge­ni­eurs­de­par­te­ment met in­wo­ners wat on­te­vre­de oor die spoed­wal­le is, be­raad­slaag.

“Die stad plaas die spoed­wal­le in die straat in be­lang van die ge­meen­skap. Dit is Man­gaung se ver­ant­woor­de­lik­heid om toe te sien dat die in­wo­ners vei­lig is.”

’n Be­roep word op in­wo­ners ge­doen om ui­ters ver­sig­tig hier te be­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.