Le­de op hol oor pen­si­oe­ne

GEPF kan wen met Tel­kom­aan­de­le

Volksblad - - Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker en Fran­cois Wil­li­ams

’n Amp­te­li­ke aan­kon­di­ging gis­ter­og­gend laat dit lyk of daar wel ’n sterk moont­lik­heid is dat die staat sy be­lang in Tel­kom gaan ver­koop om die suk­ke­len­de Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) te red.

Die S­taats­dienspen­si­oen­fonds (GEPF) moes toe met ’n kennisgewing op sy amp­te­li­ke web­blad vu­re dood­slaan en be­kom­mer­de le­de en pen­si­oe­na­ris­se ge­rus­stel dat hul pen­si­oe­ne vei­lig is.

Tel­kom se aan­deel­prys het gis­ter­og­gend skerp ge­styg na­dat hy be­ves­tig het die staat wil ’n deel van sy be­lang ver­koop.

In die ver­kla­ring op die JSE se nuus­diens, Sens, sê Tel­kom: “Die re­ge­ring oor­weeg ver­skeie stra­te­gieë om sy be­lang van so­wat 39% in Tel­kom te ver­klein.”

Hy sê so ’n stap kan ’n we­sent­li­ke im­pak op sy aan­deel­prys hê en hy maan aan­deel­hou­ers om ver­sig­tig te wees wan­neer hul­le hul aan­de­le ver­han­del.

Die DA-LP Alf Lees het ver­le­de week ’n ver­trou­li­ke skry­we van die ka­bi­net ont­hul waar­in die voor­stel ge­doen word dat die re­ge­ring ’n deel van sy be­lang in Tel­kom ver­koop.

Die ver­kla­ring is gister net voor 09:00 uit­ge­reik en Tel­kom se aan­deel­prys het met so­wat 3% tot R63,08 ge­styg. Die aan­deel­prys was teen slui­tings­tyd gis­ter­mid­dag R62,20, 1,63% ho­ër as die o­pe­nings­prys.

Die GEPF het sy le­de ver­se­ker dat hy nog nie e­ni­ge voor­stel ont­vang het, met so ’n voor­stel ge­na­der is of e­ni­ge ge­sprek­ke met hom oor die saak ge­voer is nie.

“Ons vra . . . (le­de) dus om nie pa­nie­ke­rig te raak of te veel in die be­spie­ge­ling te lees nie.”

Die GEPF sê die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK), wat die fonds be­stuur en na­mens hom be­leg­gings doen, ont­vang die he­le tyd tal­le ver­soe­ke en oor­weeg die me­rie­te van al­le be­leg­gings­ge­leent­he­de baie streng en be­lê met om­sig­tig­heid, in die bes­te be­lang van sy le­de.

Prof. Jan­nie Ros­souw, hoof van die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand se skool vir e­ko­no­mie­se en sa­ke­we­ten­skap­pe, het gister ge­sê e­ni­ge sa­ke­mens sal vir jou sê die swak­ste be­sluit wat ’n mens kan neem, is om van ’n pres­te­ren­de ba­te ont­slae te raak om ’n nie­pres­te­ren­de ba­te te steun.

Dit sal eg­ter ’n po­si­tie­we tran­sak­sie vir die staats­pen­si­oen­fonds en sy le­de wees om­dat hy ’n pres­te­ren­de ba­te kry.

Ros­souw sê hy het al drie jaar ge­le­de ge­sê die re­ge­ring moet die SAL net weg­gee. Teen hier­die tyd het die lug­diens nog ver­der waar­de ver­loor en moet dit liefs toe­ge­maak word.

Die re­ge­ring se plan om die SAL en die staats­lug­diens­te Man­go en SA Ex­press saam te voeg, het dus ook geen sa­ke­sin nie.

Oor Gi­ga­ba se uit­spraak dat die re­ge­ring nie meer die suk­ke­len­de staats­on­der­ne­mings moet steun nie, het Ros­souw ge­sê die re­ge­ring het al so­veel keer te­vo­re sul­ke be­lof­tes ge­maak, maar het nog nooit die moed ge­had om dit na te kom nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.