SA is in vry­val son­der re­ge­ring, sê Pi­ty­a­na

Volksblad - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Suid-A­fri­ka het op die oom­blik geen re­ge­ring nie en is in vry­val om­dat elke ANC-mi­nis­ter en -po­li­ti­kus se aan­dag op die par­ty se ko­men­de ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber ge­fo­kus is.

So sê prof. Bar­ney Pi­ty­a­na, st­rug­gle­ve­te­raan. Hy het gister die Na­ti­o­nal Foun­da­ti­ons Di­a­lo­gue I­ni­ti­a­ti­ve in Kaap­stad toe­ge­spreek.

Vol­gens Pi­ty­a­na is dit daar­om ui­ters be­lang­rik dat ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners met me­kaar moet praat om op­los­sings vir die kri­sis te vind waar­in Suid-A­fri­ka hom be­vind.

Die i­ni­si­a­tief is be­gin deur die T­ha­bo M­be­ki-, FW de K­lerk-, K­ga­le­ma Mot­lant­he-, Al­bert Lut­hu­li-, Ja­kes Ger­wel- en Des­mond en Le­ah Tu­tu-stig­ting.

Vol­gens Pi­ty­a­na moet ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners daar­om uit die “slaap” wak­ker skrik as hul­le wil hê die de­mo­kra­sie in Suid-A­fri­ka moet werk.

“Ons het die de­mo­kra­sie no­dig as ons dié in die re­ge­ring aan­spreek­lik wil hou. En dáár­voor moet ons soos hier met me­kaar in ge­sprek be­gin tree. As ons dit nie doen nie, loop ons die ge­vaar dat mense die de­mo­kra­sie gaan ver­saak en an­der ma­nie­re kry om aan die le­we te bly.”

Pi­ty­a­na sê Suid-A­fri­ka­ners moet ook wak­ker skrik om­dat “dief­stal onder ons neu­se plaas­vind”.

“Dit lyk as­of al­les uit­me­kaar­val. Ons het ’n pro­bleem – en ons praat nie eens van die Gup­tas nie. Ons het ’n gro­ter pro­bleem as dit. En ek dink nie dat daar­die pro­bleem op die ANC se ver­kie­sings­kon­gres op­ge­los sal word nie. Ek dink eer­der dat daar­die pro­bleem sal ver­er­ger,” sê Pi­ty­a­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.