Pra­sa se on­der­soek na 142 ten­ders klaar

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

’n Fo­ren­sie­se on­der­soek na be­weer­de kor­rup­sie van mil­jar­de ran­de by die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) wat R148 mil­joen ge­kos het, is uit­ein­de­lik af­ge­han­del.

Lin­dik­ha­ya Zi­de, waar­ne­men­de groep­hoof van Pra­sa, het gister aan die par­le­men­tê­re be­gro­tings­ko­mi­tee ge­sê die fi­na­le ver­slag van die pri­va­te regs­fir­ma Werks­mans, wat die on­der­soek ge­doen het, is op 31 Ju­lie aan hul­le oor­han­dig.

Die fo­kus van die on­der­soek was op 142 ten­ders ten be­drae van so­wat R24 mil­jard.

“Ons het nou be­gin met die tug­pro­ses­se wat deur die ver­slag aan­be­veel word. Daar is kwes­sies in die ver­slag wat straf­reg­te­lik van aard is en ons het dit aan die Val­ke oor­han­dig.

“Die Val­ke neem tans ver­kla­rings van se­ke­re Pra­sa-amp­te­na­re en ver­skeie an­der maat­skap­pye,” sê hy.

LP’s het gister ook ge­hoor dat Pra­sa ’n voor­lo­pi­ge ver­slag van die na­si­o­na­le te­sou­rie ont­vang het oor die on­der­soek na al­le kon­trak­te van meer as R10 mil­joen wat se­dert 2012 toe­ge­ken is.

Zi­de sê Pra­sa se om­stre­de kon­trak met S­wi­fam­bo Rail Le­a­sing, wat die A­fro 400-lo­ko­mo­tie­we ver­skaf het wat nie op die Suid-A­fri­kaan­se spoor­stel­sel pas nie, het ’n aan­sien­li­ke deel van die vrug­te­lo­se en ver­mors­te uit­ga­wes van die en­ti­teit uit­ge­maak.

Prof. Bar­ney Pi­ty­a­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.