‘Gi­ga­ba klink nes Gord­han’

Volksblad - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, is met sy uit­la­tings dat red­dings­boeie en staats­waar­bor­ge vir suk­ke­len­de staat­sen­ti­tei­te ge­staak moet word, “soos ’n hond met ’n been in sy bek” – hy kan nie blaf óf byt nie, sê T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der van die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit.

Gi­ga­ba het eer­gis­ter in die par­le­ment ge­sê hy gaan aan die ka­bi­net voor­stel dat die re­ge­ring sy red­dings­boeie en staats­waar­bor­ge vir en­ti­tei­te soos die SAL en die SAUK staak.

Ven­ter sê Gi­ga­ba se uit­la­tings maak sy voor­gan­ger Pra­vin Gord­han se af­dan­king nóg vreem­der om­dat hy nou nes Gord­han klink wat geen be­slui­te neem nie om­dat hy hom ook deur die­self­de teg­no­kra­te in die te­sou­rie laat lei.

“Die goed wat hy sê, is wat ge­sê moet word om die mark­te ge­rus te stel. In ka­bi­nets­ver­ga­de­rings sing hy ’n heel an­der deun­tjie.”

Vol­gens Ven­ter het Gi­ga­ba sy oog op die ANC­lei­er­skap in 2024. Dit is waar­om hy sê “wat ge­sê moet word”.

“Op die oom­blik is hy eg­ter vier­kant in die Zu­ma­kamp.

“Hy is daar­om ook ver­sig­tig om nie in die par­le­ment iets te sê wat LP’s in die ANC­kou­kus, wat nie al­mal Zu­ma­ge­sind is nie, ver­keerd op te vryf nie.”

Da­niel Sil­ke, ’n on­af­hank­li­ke po­li­ tie­ke ont­le­der, sê daar is by­na ’n “per­fek­te storm met be­leids­ver­lam­ming en ­ver­war­ring ten op­sig­te van staat­sen­ti­tei­te, die werk­lik­heid van die ka­pi­taal­mark­te ná Suid­A­fri­ka se af­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus, as­ook die af­na­me in re­ge­rings­in­kom­ste”.

“Dit is ’n ge­mors. Die mi­nis­ter is vas­ge­vang in hier­die swart gat waar­in daar bit­ter min voor­stel­le van re­ge­rings­kant kom vir meer in­no­ve­ren­de ma­nie­re om die staat­sen­ti­tei­te reg te ruk.”

Vol­gens Sil­ke weer­spie­ël Gi­ga­ba se jong­ste uit­la­tings daar­om net die to­ta­le ver­war­ring wat in die re­ge­ring heers oor wat om te doen met die bo­dem­lo­se put­te wat die staat­sen­ti­tei­te ge­word het.

“Daar is skrei­en­de teen­stry­dig­he­de oor hoe die re­ge­ring hom oor die en­ti­tei­te uit­spreek.”

Hy sê Gi­ga­ba se uit­la­tings kan as ’n waar­sku­wing vir die hui­di­ge en aan­ge­we­se di­rek­sies van staat­sen­ti­tei­te wees dat die re­ge­ring in die toe­koms ge­na­de­loos met hul­le sal han­del, óf dit kan sui­wer frus­tra­sie oor hul on­doel­tref­fend­heid wees.

Die re­ge­ring is in ’n kruis­vuur vas­ge­vang wat vol­gens Sil­ke ver­er­ger word deur die be­we­rin­ge van staat­skaping en die Gup­ta­fa­mi­lie se be­weer­de in­vloed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.