Klag teen haar vals, be­wim­pel, sê Gra­ce

Volksblad - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne Wie or­kes­treer die voor­val? Ons wil net ge­reg­tig­heid hê.

Gra­ce Mu­ga­be se uit­la­ting dat sy vals be­skul­dig word vir die aan­ran­ding op Ga­briel­la En­gels, klink soos die ver­sko­ning wat baie mis­da­di­gers ge­bruik, sê Wil­lie S­pies, A­friForum se pro­ku­reur.

A­friForum en En­gels het ’n hof­aan­soek in­ge­dien om die toe­staan van di­plo­ma­tie­ke im­mu­ni­teit aan Mu­ga­be on­gel­dig te ver­klaar.

Pin­dai Du­be, eNCA se kor­re­spon­dent in Zim­bab­we, be­rig die land se pre­si­dents­vrou sê haar kri­ti­ci het die voor­val ge­or­kes­treer om haar beeld te be­vlek en haar po­li­tie­ke loop­baan te ver­nie­tig.

En­gels is be­seer toe

Mu­ga­be haar met ’n e­lek­trie­se ver­leng­koord aan­ge­rand het toe sy En­gels en haar vrien­din­ne glo by die Mu­ga­be-seuns, Bel­lar­mi­ne C­ha­tun­ga en Ro­bert jr., in ’n ho­tel in Sand­ton aan­ge­tref het.

Mu­ga­be het onder he­wi­ge kri­tiek deur­ge­loop en kri­ti­ci dring daar­op aan dat sy ver­volg word.

Zim­bab­wie­se op­po­si­sie­groe­pe is woe­dend dat Suid-A­fri­ka di­plo­ma­tie­ke im­mu­ni­teit aan Mu­ga­be ver­leen het. Hul­le sou gister by Suid-A­fri­ka se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat in Ha­ra­re be­toog het, maar het dit af­ge­las.

’n By­een­koms van Za­nu-PF ter on­der­steu­ning van Mu­ga­be het wel plaas­ge­vind.

Debbie En­gels, Ga­briel­la se ma, sê Mu­ga­be gryp na strooi­halms.

“Wie or­kes­treer die voor­val? Ons wil net ge­reg­tig­heid hê.”

Sy sê Ga­briel­la het geen re­de ge­had om haar vals te be­skul­dig nie.

— DEBBIE EN­GELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.