Val­ke on­der­soek geld vir Gup­ta­troue

Volksblad - - Nuus - Jana Marx

Die Val­ke on­der­soek be­we­rings dat geld wat vir die ver­lig­ting van ar­moe­de be­doel was deur die Gup­tas vir ’n fa­mi­lie­troue in Sun Ci­ty in 2013 aan­ge­wend is.

Da­vid May­nier, DA-LP, het gister in ’n ver­kla­ring ge­sê die waar­ne­men­de hoof van die Val­ke, lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, het ver­le­de Don­der­dag op ’n ver­ga­de­ring van die fi­nan­si­ë­le ko­mi­tee be­ves­tig “’n span” on­der­soek nou die klag­te wat hy (May­nier) op 3 Ju­lie hier­die jaar teen Mo­se­ben­zi Z­wa­ne (hui­di­ge mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bronne), A­tul Gup­ta, A­jay Gup­ta, Ra­jesh Gup­ta, Ro­ni­ca Ra­ga­van en Ka­mal Vas­ram in Kaap­stad aan­han­gig ge­maak het.

Dit volg na­dat aan die lig ge­kom het dat o­pen­ba­re geld glo ge­bruik is om vir Ve­ga Gup­ta en Aa­kash Ja­ha­j­gar­hia se luuk­se troue by Sun Ci­ty te be­taal.

Die klag­te wat May­nier aan­han­gig ge­maak het, sluit in af­per­sing, geld­was­se­ry, die in­die­ning van vals be­las­ting­op­ga­wes vol­gens die Wet op Be­las­ting­ad­mi­nis­tra­sie (nr. 28 van 2011), as­ook klag­te ra­ken­de die Wet op die Voor­ko­ming van Ge­or­ga­ni­seer­de Mis­daad (nr. 121 van 1998).

May­nier sê lui­dens die ver­kla­ring die be­we­rings is “gro­tesk” en dat dit son­der vrees of be­voor­de­ling deur die Val­ke on­der­soek moet word.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, het aan News24 ge­sê die Val­ke doen tans ver­skeie on­der­soe­ke en hier­die on­der­soek moe­nie ver­bind word aan ’n en­ke­le saak nie.

“Dit was ’n reg­uit vraag van die par­le­ment en ons re­ak­sie was ’n em­pa­tie­se ‘ja’, maar dis deel van ’n wy­er on­der­soek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.