Haar prin­se haar trots

Diana, prin­ses van Wal­lis, is van­dag 20 jaar ge­le­de dood. Haar twee seuns wil haar na­la­ten­skap hul­dig en het vir die eer­ste keer op TV die slui­er ge­lig oor die ma wat hul­le ge­ken het. Ar­le­ne Prins­loo meen die prin­se is hul ma se grootste na­la­ten­skap.

Volksblad - - Nuus -

‘Mam­ma.”* Die bes­te ma ter wê­reld. Dit is steeds haar om­hel­sings, on­nut­si­ge lag en lief­de wat hul­le mis.

Dít was die bood­skap van prins Wil­li­am en prins Har­ry in twee do­ku­men­tê­re TV-pro­gram­me toe hul­le vir die eer­ste keer o­pen­lik oor hul ma ge­praat het.

Al­bei prin­se het ge­sê hul­le sal hier­na nie weer só in die o­pen­baar praat oor hul ma, haar voor­ty­di­ge dood, die skok en die rou nie.

In ITV se Diana, Our Mot­her:

Her Li­fe and Le­ga­cy is Wil­li­am ont­span­ne waar hy deur sy ma se pri­va­te fo­to­al­bums blaai. Hy wys aan Har­ry die fo­to van ’n s­wan­ger Diana met Wil­li­am op haar heup: “Ons is eint­lik al drie op dié fo­to,” sê hy vir Har­ry. “Jy is in haar maag.”

Wil­li­am, op 35 ’n jaar jon­ger as wat sy ma was toe sy so tra­gies dood is ná ’n mo­tor­on­ge­luk, is steeds die iet­wat meer te­rug­hou­den­de jong man, wat swaar dra aan sy juk as ’n troon­op­vol­ger. Soos sy ma des­tyds, hou hy sy ge­sins­le­we pri­vaat en wil sy kin­ders die le­we bui­te die pa­leis­mu­re laat er­vaar.

Al­bei seuns het hul ma se ge­mak­li­ke ma­nier van om­gaan met mense ge­ërf – Har­ry dalk in ’n gro­ter ma­te as Wil­li­am, wie se by­ko­men­de ver­ant­woor­de­lik­heid as ’n toe­koms­ti­ge mo­narg dalk iets daar­mee te doen het.

Die feit dat Wil­li­am sê hy is jam­mer dat hy en sy broer nie oud ge­noeg was om hul ma te be­skerm nie, sny diep. Ge­rug­te wil dit hê dat die twee prin­se se on­der­hou­de oor hul ma nie te goed in die gan­ge van die pa­leis aan­vaar word nie.

Op 15 en 12 was daar nie veel wat hul­le kon doen om hul ma te be­skerm voor, ty­dens en ná haar eg­skei­ding van hul pa nie. Uit­ein­de­lik wou hul­le net hul ma ge­luk­kig sien en die “War of the Wa­le­ses” het ’n be­slis­te let­sel op al­bei ge­laat.

Geen wonder nie dat Wil­li­am la­ter sy heil gaan soek het by die Midd­le­tons, ’n heg­te, nor­ma­le ge­sin. Hy het ook die tra­di­sie ver­breek en nie elke Kers­fees saam met die ko­nin­gin in San­dring­ham gaan eet nie.

Diana se dood het ’n groot leem­te ge­laat in die le­we van haar seuns.

Wil­li­am sê die pyn is ná 20 jaar steeds by hom.

Hy sou graag haar raad wou vra en hy is hart­seer daar­oor dat sy nie sy vrou en kin­ders kan ken nie.

Har­ry het as 12-ja­ri­ge seun op die dag van sy ma se dood ewe on­skul­dig ge­vra :“Is mam­ma reg­tig dood ?” Die Wind­sor Mou n t ba t t ens het dan hul daag­lik­se roe­ti­ne bloot voort­ge­sit as­of niks ge­beur het nie.

Ná al die ja­re het hy van­jaar in on­der­hou­de er­ken hoe hy die woe­de oor sy ma se dood on­der­druk het en dat hy op aan­drang van Wil­li­am pro­fes­si­o­ne­le hulp gaan soek het.

Hul ma se ge­moeds­kom­me­lin­ge, ti­pies van ie­mand wat aan bu­li­mie ly, het waar­skyn­lik ’n rol ge­speel in die broers se be­sluit om saam met Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, be­trok­ke te raak by die He­ads To­get­her-veld­tog. Dié veld­tog het ten doel om die stig­ma oor gees­tes­ge­sond­heid af te breek. Toe­val­lig? Nie heel­te­mal nie. Al­bei prin­se het hul on­der­hou­de – die twee­de do­ku­men­têr was die BBC se Diana: 7 Days – ge­bruik om oor hul ge­voe­lens oor hul ma se dood én oor gees­tes­ge­sond­heid te praat.

Hoe­wel som­mi­ge wenk­broue lig oor die prin­se se on­der­hou­de, is dit die eer­ste keer dat ons, die pu­bliek wat ook oor haar ge­rou het al het ons haar nie ge­ken nie, haar seuns se kant van die saak hoor.

En dalk is dié uit­praat ook vir hul­le ’n pad van aan­vaar­ding en ge­ne­sing. As ko­nink­li­kes kan hul­le nooit in die o­pen­baar die mas­ker laat sak nie.

So het die seuns des­tyds in hul ma se be­graf­nis­stoet deur Lon­den se stra­te ge­stap ag­ter die ka­non­wa waar­op hul ma se kis ge­rus het, son­der om te huil.

Hoe moei­lik moes dit nie ge­wees het nie: Om só in die o­pen­baar te rou son­der om ’n traan te stort, só anders as die pu­bliek langs die pad. Van die mense het luid ge­skreeu, an­der het sag­gies ge­huil.

Dit moes vreemd en baie erg vir die seuns ge­wees het. Hul­le ver­woord dit ook so in

Diana: 7 Days. Har­ry se stem be­we ef­fens wan­neer hy ver­tel toe le­de van die pu­bliek hom die Vry­dag voor die be­graf­nis by Ken­sing­ton­pa­leis ge­groet het, was hul han­de nat van hul eie tra­ne.

Die on­uit­wis­ba­re in­druk­ke van die tyd lê vlak by al­bei prin­se – selfs ná 20 jaar.

Hoe trots sou Diana nie op haar seuns ge­wees het nie. Sy wat hul­le ge­skool het in ko­ning­skap, maar ook ge­wo­ne mens­wees.

Die seuns he­mel ook nie net hul ma op nie, maar praat ook oor hul lief­de vir en dank­baar­heid teen­oor hul pa en ou­ma, wat hul­le ná hul ma se dood in die boom­ry­ke Bal­mo­ral be­skerm het. Daar, langs die Deeri­ver, kon hul­le stap en ui­ting gee aan hul ge­voe­lens. Hul pa, ou­ma en fa­mi­lie was al­tyd na­by.

Diana se seuns is haar grootste na­la­ten­skap. Ver­al nou­dat hul­le, in Wil­li­am se woor­de, aan hul ma haar reg­ma­ti­ge plek in die ge­skie­de­nis wil be­sorg en haar wil be­kend stel aan ’n jon­ger ge­slag.

Al­bei steun pro­jek­te wat hul ma na aan die hart ge­lê het. Har­ry steun Diana se teen­land­myn­veld­tog en haar werk in die stryd teen MIV, ter­wyl Wil­li­am be­trok­ke is by die ha­we­lo­ses.

Hul­le neem al hoe meer van ko­nin­gin E­li­za­beth II en prins P­hi­lip se wel­syns­werk oor. En soos hul ma, is hul­le meer as net die ge­sig wat ge­bruik word om geld in te sa­mel. Hul­le raak be­trok­ke.

Só was Har­ry al saam met deel­ne­mers aan die In­vic­tus­spe­le deel van ’n tog na die Noord­pool. Wil­li­am het met ’n be­soek aan The Pas­sa­ge, ’n wel­syn­or­ga­ni­sa­sie wat ha­we­lo­ses help, ge­glim­lag toe hy ’n fo­to as ge­skenk kry wat ge­neem is van hom en Har­ry saam met hul ma op ’n be­soek aan die ein­ste or­ga­ni­sa­sie.

Diana het daar­in ge­glo om haar seuns ook aan die don­ker kant van die ge­wo­ne le­we bloot te stel en het hul­le saam­ge­bring as sy nag­skui­lings be­soek.

Haar seuns, al­bei in hul 30’s, is dui­de­lik nou ge­reed om Diana se na­la­ten­skap ver­der uit te leef. Wil­li­am met Cat­her­i­ne aan sy sy, en Har­ry ho­pe­lik ook bin­ne­kort met ’n her­to­gin aan sy sy.

Diana het ver­nu­wing na die B­rit­se ko­nings­huis ge­bring, maar is ná haar dood sag­kens deur pa­leis­amp­te­na­re uit die ko­nink­li­ke ge­skie­de­nis ge­verf. Haar seuns bring nou hul ma se na­la­ten­skap te­rug. Én neem dit ver­der.

Die seuns het in ’n kaart­jie by hul blom­me op hul ma se kis bloot die woord “Mum­my” ge­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.