Ga­ry Play­er deel sy ken­nis in nu­we boek

Volksblad - - Nuus - – S­port­re­dak­sie

Ga­ry Play­er, een van gholf se suk­ses­vol­ste be­roep­spe­lers van al­le tye, het be­sluit om sy ken­nis oor die spel, die sa­ke­wê­reld en an­der le­wens­wys­he­de in ’n boek saam te vat.

Of dit nou foon­op­roe­pe, e-pos­se, brie­we of deur so­si­a­le me­dia is, jong be­roep­spe­lers klop dik­wels by Play­er aan vir ad­vies – e­nig­iets van gholf tot sa­ke­be­slui­te.

Dus het dié 81-ja­ri­ge Suid-A­fri­ka­ner, wat ne­ge Grand Slams in sy loop­baan ge­wen het, be­sluit om 60 van sy bes­te wen­ke in ’n boek, ge­ti­tel Ga­ry Play­er’s Black Book, saam te vat.

In die eer­ste ge­deel­te van die boek, “The Qu­e­s­ti­ons of Li­fe”, praat die pa van ses en ou­pa van 22 klein­kin­ders oor ver­skeie kwes­sies. In die twee­de ge­deel­te, “The Qu­e­s­ti­ons of Golf”, ta­kel Play­er gholf­vrae op ’n teg­nie­se, maar ook hu­mo­ris­tie­se wy­se.

In die laas­te ge­deel­te, “The Qu­e­s­ti­ons of Bu­si­ness”, deel Play­er sy sa­ke­ken­nis met die le­ser.

Play­er het dié boek saam met die Suid-A­fri­kaan­se gholf­joer­na­lis Mi­cha­el V­lis­mas ge­skryf en SkyHor­se Pu­blis­hing in New York is die uit­ge­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.