Tay­lor S­wift se nu­we vi­deo oor­tref re­kord

Volksblad - - Nuus -

Die vi­deo vir Tay­lor S­wift se nu­we lied­jie het ’n re­kord op die in­ter­net laat spat.

“Look W­hat You Ma­de Me Do” is meer as 43,2 mil­joen keer bin­ne 24 uur ge­kyk, be­rig Daily Mail.

Die vo­ri­ge re­kord was A­de­le se “Hel­lo” wat 27,7 mil­joen keer op die eer­ste dag ge­kyk is.

S­wift se vi­deo is Son­dag­aand die eer­ste keer op die MTV Vi­deo Mu­sic A­wards in Los An­ge­les ver­toon. Die vi­deo is ter­self­der­tyd op YouTu­be be­kend ge­stel en die klie­ke het be­gin.

Dit is se­dert­dien al meer as 76 mil­joen keer ge­kyk.

“Look W­hat You Ma­de Me Do” is die eer­ste kort­spe­ler van S­wift se nu­we al­bum, Re­pu­ta­ti­on, wat op 10 No­vem­ber uit­ge­reik word.

Die vi­deo is vol ver­wy­sings daar­na dat S­wift haar re­pu­ta­sie wil be­gra­we.

Daar is ook baie ver­skuil­de ver­wy­sings na die kat­ge­veg met Ka­ty Per­ry, die bek­ge­veg met Ka­nye West en die ver­breek­te ver­hou­ding met Tom Hidd­le­ston. Die pret­tig­ste oom­blik is reg aan die ein­de wan­neer S­wift se vo­ri­ge per­so­nas uit vo­ri­ge mu­siek­vi­deo’s me­kaar in die ha­re vlieg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.