Deen se vrou ver­tel ‘uit graf’ van pyn­li­ke daad

Hof hoor van storm­ag­ti­ge hu­we­lik

Volksblad - - Nuus & Spesiale Blad - Mi­ke van Rooy­en

As­of uit haar graf ver­tel ’n jong ma van Le­so­tho in haar eie woor­de hoe haar Deen­se man haar kli­to­ris ge­sny en hoe dit tot die op­spraak­wek­ken­de ont­dek­king van kli­to­ris­se van an­der vroue in sy vries­kas in Bloemfontein ge­lei het.

Ts­hi­di Mo­li­se (28), wat in wat ver­moe­de­lik ’n huur­moord was, in Le­so­tho dood­ge­skiet is, ver­tel in ’n po­li­sie­ver­kla­ring ’n maand voor haar dood in Ok­to­ber 2015 hoe Pe­ter F­re­de­rik­sen (65) haar in Fe­bru­a­rie 2015 met ’n glas von­kel­wyn be­dwelm en be­sny het.

Dié ver­kla­ring is voor reg­ter Jo­hann Daf­fue in die Vry­staat­se hoog­ge­regs­hof in­ge­dien waar F­re­de­rik­sen op 58 aan­klag­te skuld ont­ken.

Toe Mo­li­se in F­re­de­rik­sen se meent­huis in Lan­gen­ho­ven­park by­ge­kom het, was haar ge­slags­deel seer en het dit ge­bloei.

F­re­de­rik­sen was be­sig om fo­to’s te neem en het iets op­ge­sit om die bloe­ding te stop.

Hy het ge­sê om­dat sy nie “na die berg ge­gaan het nie” het hy haar “na die berg ge­vat” deur haar kli­to­ris te sny.

“Hy het ge­sê as ek ie­mand daar­van ver­tel, sal hy my dood­maak.”

Met die ka­me­ra by haar is sy drie dae daar­na na die po­li­sie­kan­toor in Bains­vlei. Haar ver­dui­de­li­king van wat ge­beur het, het op do­we ore ge­val. Die­self­de het la­ter by die Ts­he­pong-sen­trum in die stad ge­beur.

Sy ver­tel hoe sy op ’n pak met no­ta­t­jies in ’n vreem­de taal in sy vries­kas af­ge­kom het toe sy vleis ge­soek het om te kook.

“Ek het ge­sien dit is van ’n vrou se ge­slags­deel. Ek het ge­skrik en die pak op die vloer ge­gooi en my sus­ter in Le­so­tho gaan bel.

“Sy het ge­sê ek moet pad­gee, anders gaan Pe­ter my dood­maak.”

Sy het die pak op­ge­tel en deeg­li­ker ge­kyk. “Ek het be­sef dit is kli­to­ris­se van ver­skeie vroue. Ek het dit te­rug in die vries­kas ge­sit.”

Die vol­gen­de dag toe haar man werk toe is, is sy te­rug na Le­so­tho.

Op 16 Sep­tem­ber was sy en haar dog­ter by F­re­de­rik­sen in sy meent­huis. Hy het aan haar dog­ter­tjie ge­sê dat hy mense gaan kry om haar ma dood te maak.

Toe Mo­li­se hom daar­oor aan­spreek, het hy ge­sê hy kan haar som­mer daar en dan voor die kin­ders dood­maak.

“Hy het op­ge­staan en my ge­klap. Hy is na ’n kas waar hy sy vuur­wa­pen bê­re.”

Sy en die kin­ders het uit­ge­hard­loop en is na die po­li­sie in Bains­vlei.

Hul­le het die nag in haar mo­tor by die po­li­sie­kan­toor deur­ge­bring, lui haar ver­kla­ring.

Die vol­gen­de dag is ’n dos­sier aan­ge­lê en F­re­de­rik­sen is in heg­te­nis ge­neem.

In die ver­kla­ring ver­tel sy ook van hul storm­ag­ti­ge ver­hou­ding en hu­we­lik en F­re­de­rik­sen wat tal­le keer ge­vra het om ’n gaat­jie vir ’n oor­bel in haar ge­slags­deel te maak. Hy het een aan sy­ne deur­ge­steek, het hy aan haar ge­sê.

Adv. A­man­da Be­ster kla aan. Ma­ri­us Bru­wer tree in op­drag van S­teen­kamp en Jan­sen-pro­ku­reurs vir F­re­de­rik­sen op.

Ts­hi­di Mo­li­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.