Neem in­ge­lig­te be­slui­te oor jou kind se ge­sond­heid

Volksblad - - Nuus & Spesiale Blad -

Dag­pro­se­du­res is min­der ont­wrig­tend

Wan­neer ’n kind siek is of ’n o­pe­ra­sie moet on­der­gaan, wil ou­ers die ge­moeds­rus hê dat hy of sy in goeie han­de is en dat die he­le hos­pi­taal­er­va­ring, selfs in moei­li­ke om­stan­dig­he­de, vir die kind po­si­tief sal wees.

Dit is wat Ci­tyMed, die oud­ste dag­hos­pi­taal in Bloemfontein, aan elke ou­er bied. Pro­fes­si­o­ne­le en er­va­re dok­ters en per­so­neel gaan uit hul pad om elke kind wat hier op­ge­neem word, so tuis en ge­mak­lik as moont­lik te maak.

Die groot voor­deel is dat die pa­si­ënt die­self­de dag nog huis toe gaan en nie hoef te oor­nag nie. ’n Dag­hos­pi­taal is be­kos­tig­baar­der as ’n al­ge­me­ne hos­pi­taal.

Spe­si­a­lis­te in ver­skeie dis­si­pli­nes voer ’n wye ver­skei­den­heid van pro­se­du­res uit en kin­ders van al­le ou­der­doms­groe­pe kan hier be­han­del word.

Die spe­si­a­lis­te sluit in tand­art­se, or­to­pe­dis­te, gi­ne­ko­loë, oor-neus-en-keel­art­se, der­ma­to­loë, plas­tie­se chi­rur­ge, mond-en-kaak­chi­rur­ge, u­ro­loë en of­tal­mo­loë.

Dit be­te­ken dat chi­rur­gie­se pro­se­du­res in elke fa­set van baba- en kind­wees hier ge­han­teer kan word so­lank dit ’n dag­pro­se­du­re is.

Die Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal is van­jaar 22 jaar oud en het ’n baie goeie re­pu­ta­sie onder die per­so­neel, pa­si­ën­te, dok­ters en an­der rol­spe­lers.

Hy be­han­del pa­si­ën­te wat tot ver­skil­len­de me­die­se fond­se be­hoort of pri­vaat is.

Kin­ders en hul oë

Daar is ’n hor­de oog­siek­tes wat by kin­ders voor­kom wat nie met be­se­rings ver­band hou nie.

Dr. Chris Gouws, ’n oog­spe­si­a­lis in die Ho­ri­zon Eye Ca­re Cen­t­re in Bloemfontein, sê in­dien ’n kind se o­gies nie reg­uit kyk nie (in­of uit­ge­draai is), moet ’n of­tal­mo­loog so gou moont­lik ge­raad­pleeg word.

Hy sê die lys van oor­sa­ke vir skeel­heid is lan­ger as Vic­tor Mat­field se arms. Som­mi­ges is erns­tig en kan selfs le­wens­be­drei­gend wees.

In­dien ’n kind­jie nog nie kan saam­werk in ’n oog­on­der­soek nie, sal die of­tal­mo­loog waar­skyn­lik ’n on­der­soek onder nar­ko­se doen om die oor­saak vas te stel en op die be­han­de­ling te be­sluit.

Wan­neer fo­to’s van kin­ders met ’n flits ge­neem word, is ’n rooi re­fleks dik­wels sig­baar. Dis die moei­te werd om mooi na daar­die rooi re­fleks in kin­der­kie­kies te kyk: As die re­fleks nie sim­me­tries is nie of af­we­sig is in een van die oë, kan dit op oog­pro­ble­me dui.

Wan­neer ’n baba ab­nor­maal groot oë het, koer die fa­mi­lie dik­wels be­won­de­rend, maar groot oë by kin­ders kan ’n te­ken wees van ver­hoog­de druk in die oë.

Dis ’n toe­stand wat tot blind­heid kan lei, maar met vroeë di­ag­no­se en be­han­de­ling kan die vi­sie dik­wels ge­red word.

Vi­sie is ’n won­der­li­ke ga­we wat ’n mens dik­wels as van­self­spre­kend aan­vaar. Dis ’n sin­tuig wat ge­niet moet word, en daar is so­veel prag­ti­ge din­ge rond­om ons te sien. Daar­om moet ons op ons hoe­de bly om die sig van ons kin­ders waar moont­lik te be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.