Val­ke gaan on­der­soek na kin­der­ar­beid op pla­se oor­neem

Volksblad - - Nuus & Spesiale Blad - A­let van der Walt

Klag­te oor die ge­bruik van kin­der­ar­beid, men­se­han­del en oor­tre­dings van ver­skeie ar­beids­wet­te word teen ’n boer van Wes­sels­bron on­der­soek en die Val­ke sal nou die on­der­soek oor­neem.

Die wer­kers, al­mal sei­soen­wer­kers uit Noord­wes, kom jaar­liks ge­du­ren­de oes­tyd in die Vry­staat werk en help om mie­lies op te tel op lan­de wat reeds ge­stroop is.

Die boer, wat ook as ar­beids­ma­ke­laar op­tree, het glo 23 kin­ders van 15 jaar of jon­ger in sy diens ge­had.

Nom­fun­do Douw-Jack, ’n di­rek­teur van die de­par­te­ment van ar­beid, sê die kin­ders wil eg­ter nie sê hoe oud hul­le is nie en nie een van hul­le het ’n i­den­ti­teits­do­ku­ment nie.

Die kin­ders kom al­mal uit arm ge­bie­de in Noord­wes en kom onder meer van Taung, De­la­rey­vil­le en Set­la­go­le.

Hul­le word tans in plek­ke van vei­lig­heid in Wel­kom en Wes­sels­bron ge­huis­ves. Die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke sal die de­par­te­men­te van ar­beid en maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling help so­dat die kin­ders ge­re­gis­treer word.

Douw-Jack sê 181 klag­te wat vol­was­se sei­soen­wer­kers aan­han­gig ge­maak het, word ook deur die de­par­te­ment on­der­soek. Dit sluit in dat die wer­kers nog net ge­deel­te­li­ke be­ta­ling vir hul werk ge­kry het en ook nie vir werk­loos­heids­ver­se­ke­ring of by die on­ge­val­le­kom­mis­sa­ris ge­re­gis­treer is nie.

Hul­le is ook glo onder on­mens­li­ke om­stan­dig­he­de op die plaas D­rie­hoek bui­te Wes­sels­bron ge­huis­ves. Douw-Jack sê die mense het al­mal op een plaas onder hag­li­ke om­stan­dig­he­de ge­woon, maar het be­dags by ver­skeie boe­re in die om­ge­wing ge­werk.

Die plek waar hul­le ge­bly het, ’n skui­ling van plas­tiek, is in­tus­sen deur die po­li­sie af­ge­sper en word nou as ’n mis­daad­to­neel be­skou.

Sy sê van die voor­man­ne, ook al­mal van Noord­wes, het glo die wer­kers se geld te­rug­ge­hou en net ’n ge­deel­te daar­van aan die wer­kers oor­be­taal. Dit bly eg­ter die werk­ge­wer se ver­ant­woor­de­lik­heid om toe te sien dat sy wer­kers be­taal word.

’n Raads­lid van die Na­la-mu­ni­si­pa­li­teit wat nie sy naam wil be­kend maak nie, sê die boer het Dins­dag ’n groep wer­kers by die plaas­li­ke po­li­sie­kan­toor in Wes­sels­bron af­ge­laai, waar­na die de­par­te­men­te van ar­beid en maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling in­ge­gryp het.

Die boer het glo ook in Ju­nie van die wer­kers in die pad ge­steek en daar was ge­reeld pro­ble­me tus­sen hom en die sei­soen­wer­kers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.