Bly weg van hof, sê man glo aan fa­mi­lie

Volksblad - - Nuus & Spesiale Blad - Mi­ke van Rooy­en

Die Deen­se wa­pen­han­de­laar van Bloemfontein het sy ver­moor­de vrou se fa­mi­lie aan­ge­raai om nie sy ver­hoor in die hoog­ge­regs­hof in Bloemfontein by te woon nie, het een van hul­le in die hof ge­tuig.

Uit die ge­tui­e­nis van Dimp­ho Mo­li­se blyk dit ook dat haar sus­ter, Ts­hi­di Mo­li­se (28), haar moor­de­naar ge­sien het voor­dat hy haar op 20 Ok­to­ber 2015 in Le­so­tho dood­ge­skiet het.

Dimp­ho het gister voor reg­ter Jo­hann Daf­fue ge­tuig Pe­ter F­re­de­rik­sen (65) het die laas­te paar we­ke ’n he­le paar keer uit die tronk ge­bel of vir haar SMS­bood­skap­pe ge­stuur. Hy het haar aan­ge­raai om nie sy ver­hoor by te woon nie. Sy het ge­sê hul­le sal nie, want hul­le is bang.

Hy het haar ook ge­vra om die twee min­der­ja­ri­ge mei­sies wat hy glo kaal af­ge­neem het, te oor­tuig dat hul­le moet sê Ts­hi­di was by toe die fo­to’s ge­neem is.

Toe die mei­sies oor die fo­to’s ge­vra is, wou die jong­ste een nie daar­oor praat nie. Die an­der een het ge­sê dit is ge­neem ter­wyl Ts­hi­di dorp toe was. Ter­wyl hul­le ge­bad het, het F­re­de­rik­sen ge­sê hul­le moe­nie hul kle­re aan­trek nie so­dat hy hul­le kon af­neem.

Sy het ge­tuig sy was die aand by Ts­hi­di in die hos­pi­taal na­dat haar sus­ter ge­skiet is. Ts­hi­di het aan haar ge­sê die man wat haar vooraf ge­waar­sku het dat sy ver­moor gaan word, het haar ge­skiet. Sy het nie sy naam ge­ken nie. So­wat ’n uur na­dat Dimp­ho die hos­pi­taal in Ma­se­ru ver­laat het, is Ts­hi­di in die te­a­ter dood.

F­re­de­rik­sen ont­ken skuld op 58 aan­klag­te, waar­on­der sa­me­swe­ring om Ts­hi­di te ver­moor, ver­krag­ting, die ver­vaar­di­ging en be­sit van kin­der­por­no­gra­fie, be­drog en oor­tre­dings van die vuur­wa­pen­wet. Die ver­hoor is tot Sep­tem­ber uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.