Bou­wer­ker val 7 me­ter

Volksblad - - Nuus - André Da­mons

’n Jong kon­struk­sie­wer­ker is erns­tig be­seer toe hy Dins­dag so­wat se­we me­ter ver op ’n bou­per­seel in He­li­con­hoog­te, Bloemfontein, ge­val het.

Die wer­ker het op ’n hoop ste­ne ge­land. Die voor­val het om­streeks 16:30 ge­beur.

Nick Dol­l­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re 911, sê ’n pa­ra­me­di­kus wat in ge­vor­der­de le­wens­on­der­steu­ning spe­si­a­li­seer, het die man op die to­neel be­han­del.

Dit is nie dui­de­lik waar­om hy ge­val het nie.

Vol­gens Dol­l­man het pa­ra­me­di­ci die man se pyn ver­doof en ge­spe­si­a­li­seer­de toe­rus­ting is ge­bruik om sy rug­graat te im­mo­bi­li­seer om ver­de­re be­we­ging en pyn te ver­min­der.

Die man is na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ge­bring.

Die ongeluk sal on­der­soek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.