Kerk ‘moet stem ver­hef’

Vyf eeue van Re­for­ma­sie in Ro­se­stad ge­vier

Volksblad - - Nuus & Spesiale Blad - Ru­an Bru­wer

Die kerk is te stil en moet sy stem ver­hef teen dit wat in die land ver­keerd is, het eerw. I­saac K­ham­bu­he van die Ver­e­ni­gen­de Ge­re­for­meer­de Kerk in Sui­der-A­fri­ka ge­sê.

Vyf eeue van Re­for­ma­sie is gister in die Ro­se­stad op ’n by­een­koms en met ’n kerk­diens ge­vier. Op die by­een­koms is die in­vloed van die Her­vor­ming op die te­o­lo­gie, die kerk, mu­siek, aan­bid­ding en die le­we be­spreek. K­ham­bu­he het hom op ’n pa­neel­be­spre­king sterk uit­ge­spreek oor die rol van die kerk in sy ge­meen­skap.

“Die stil­te is van so ’n aard dat ons toe­ge­laat het dat din­ge net laat gaan is.

“Voor 1994 het die kerk ’n groot ge­raas ge­maak, maar daar­na is be­sluit om stil te bly.

“Nou sit ons met die mon­ster – hoe gaan ons so­si­a­le ge­reg­tig­heid laat ge­skied?

“Die kerk moet sy han­de vuil maak en ras­sis­me in die land be­veg,” het hy ge­sê.

Ja­ques Murp­hy van die St. John’s P­res­bi­te­ri­aan­se kerk het daar­op ge­wys dat die kerk die ver­moë het om die re­ge­ring ir­re­le­vant te maak en so­si­a­le ge­reg­tig­heid te laat ge­skied.

“Ons leer nie ons mense om met geld te werk nie.

“Dink net daar­aan as jy ’n ge­re­for­meer­de kerk het wat dit wel doen en daar­mee ge­meen­te­le­de met ’n groot ge­noeg oor­skot om vry­ge­wig te wees en an­der te help.

“Dis een voor­beeld hoe jy die staat kan uit­ska­kel.”

Fo­to: RU­AN BRU­WER

’n Kerk­diens is gister in Batho ge­hou as deel van die vie­ring van 500 jaar van Re­for­ma­sie. Van links is eerw. John Let­sie (Ge­re­for­meer­de Kerk in Sui­der­A­fri­ka), Su­san Rei­nec­ke van die NG kerk Lan­gen­ho­ven­park, E­li­za­beth Fohla van die NG Kerk in A­fri­ka en Hi­rot­su­gu Mo­chi­da van die Ge­re­for­meer­de Kerk in Ja­pan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.