In­wo­ners nie so ‘groen’ dat hul­le die werk­lik­heid mis­kyk

Volksblad - - Kommentaar -

B­ri­an Gou­veia

Ons moet trots wees op die eer­be­wys dat ons stad die twee­de “groen­ste” me­tro in die land is!

Hoe is hier­die kom­pe­ti­sie be­oor­deel?

Ons stad is vuil, ons stad is be­sig om in al­le de­par­te­men­te te ver­val, ons stad se diens­te is van die sleg­ste, maar ons word ver­eer?

Nou het die stads­raad R3 mil­joen prys­geld ver­dien.

Ek hoop net dat die bur­ge­mees­ter en haar on­be­hol­pe lui­te­nan­te die geld nie gaan mis­bruik om hul nu­we sta­tus te vier nie.

Dit is wel ’n groot pres­ta­sie, want hul­le het hier­die eer ont­vang “son­der om ’n vin­ger te lig”!

As die kleur groen ge­noem word, kan ons wel vra in watter op­sig dit te sien is.

Is dit die groen slym wat in die stra­te en er­we staan en ver­rot, is dit die groen gras en on­kruid wat as ge­volg van die “on­ge­wens­te kom­pos” flo­reer?

Of is dit om­dat ons mu­ni­si­pa­le lei­ers net as groen be­stem­pel kan word weens hul te­kort aan die no­di­ge ken­nis om hul werk te ver­rig?

Dit is nou reg­tig ’n klug van ’n eer­be­wys, want ons mu­ni­si­pa­li­teit is vrot van bo tot onder en ons stad is een van die bes­te be­wy­se van ’n eens pres­te­ren­de stad wat nou in puin lê.

Ek stem vol­ko­me saam met Ros­souw Bo­tes wat vra hoe die me­tro lyk wat die laas­te plek be­haal het? As daar iets in ’n meer pa­te­tie­se toe­stand be­staan, wil ons eer­der dit nie sien nie.

Die mu­ni­si­pa­li­teit en die mense wat die eer­be­wys toe­ge­staan het, moet net mooi ver­staan dat die bur­gers van Bloemfontein nie hier­die toe­ken­ning goed­keur nie, want ons is nie so “groen” dat ons nie die werk­lik­heid kan raak­sien nie.

Ons stad kort ’n skoon­maak van bur­ge­mees­ter en mu­ni­si­pa­le amp­te­na­re en die op­knap­ping van al­le diens­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.