Skok, hart­seer oor brand in sta­sie­ge­bou

Volksblad - - Kommentaar -

Ben Ven­ter, Beth­le­hem

Dit is met skok en leed­we­se dat ek ken­nis ge­neem het dat ’n ge­deel­te van die Beth­le­hem-sta­sie­ge­bou deur ’n brand ver­woes is.

Ek was tot 2006 a­re­a­be­stuur­der van S­poor­net in Beth­le­hem, en die sta­sie­ge­bou het toe reeds leeg ge­staan, maar ons het se­ku­ri­teits­wag­te ge­had, wat ver­hin­der het dat on­ge­wens­te e­le­men­te die ge­bou be­set.

Ek weet nie of daar se­ku­ri­teits­wag­te was se­dert 2008 toe die sta­sie­ge­bou aan Pra­sa oor­ge­dra is nie.

In­dien wel, waar­om het hul­le toe­ge­laat dat die sta­sie­ge­bou on­wet­tig be­set word?

’n Paar jaar ge­le­de wou ’n da­me die sta­sie­ge­bou huur om ’n kle­re­ma­kers­be­dryf daar te be­gin.

Sy het my eg­ter ag­ter­na mee­ge­deel dat die huur bui­ten­spo­rig hoog was, en dit nie vir haar lo­nend sou wees om dit te huur nie.

Dit is reg­tig jam­mer dat so ’n his­to­rie­se ge­bou wat baie na aan my hart lê, in vlamme moes op­gaan.

Ek hoop die skul­di­ges word gou op­ge­spoor en swaar ge­straf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.