Mooi ek­sa­men­wen­se van ’n trot­se pa

Volksblad - - Kommentaar -

Trot­se pa, Bloemfontein

Bes­te Seun

Jy be­gin mô­re met jou re­kord­ek­sa­men en ek as jou pa wil net die vol­gen­de deel:

Van ge­boor­te het ek nooit ge­weet wat jy gaan word of hoe jy een­dag gaan op­tree as mens nie.

Jy is streng maar tog met lief­de op­ge­voed en ek dink deur al die swaar­kry van ’n eg­skei­ding en siek­te het jy meer as net ’n spe­si­a­le mens ge­word.

Wat ek ver­al op­tel van al die on­der­wy­sers en ou­ers met wie ek praat, is dat jy ’n be­son­der­se mens is wat goed ge­ma­nierd en al­tyd vrien­de­lik is. Baie vrien­de van jou se ou­ers is dank­baar dat jy met hul kin­ders be­vriend is.

En dan die vol­gen­de: Jy’s ’n YS­TER. Dit sê jy staan vas in jou be­gin­sels en in ver­al jou ge­loof.

Jy hoef nie die bes­te in sport of a­ka­de­mie te wees nie. Maar om in God jou ves­ting te vind en te staan vir wat jy glo reg is, is meer as wat e­ni­ge ou­er kon vra en wens vir sy kind as mens.

Daar­om sê ek net die vol­gen­de: Baie s­terk­te met die ek­sa­men. Ek is baie lief vir jou en ek is trots jy is my kind.

Jou Pa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.