‘Ramp soos nog nooit ge­sien’

Vas­ge­keer­de oud­Vry­sta­ter in VSA ‘een van ge­luk­ki­ges’

Volksblad - - Aktueel - El­sje du Toit

“’n Ramp soos wat ek nog nooit ge­sien het nie.”

Dít is hoe Piet Vic­tor, oor­spronk­lik van Bloemfontein, die tro­pie­se storm Har­vey be­skryf wat se­dert Vry­dag in Hou­ston, Tex­as, waar hy ja­re al woon, woed.

Dié oud-Vry­sta­ter is al dae lank in sy huis vas­ge­keer.

Hy sê in ’n Fa­ce­book-bood­skap hy is “een van die ge­luk­ki­ges” in Hou­ston.

“Ek bly in die sen­tra­le deel van Hou­ston. Rond­om my is buur­te onder wa­ter, (maar) ge­luk­kig is my huis nog droog – baie ge­luk­kig en dank­baar,” lui die bood­skap.

Vol­gens sy ma, Chris­ti­ne, wat in Bloemfontein woon, is sy huis op ’n hoog­te ge­leë.

“Dis maar moei­lik om met hom in kon­tak te kom, want ons het nou die dag nog ge­praat, toe is die foon net dood­stil,” sê sy.

“Maar sy 14-ja­ri­ge dog­ter stuur ge­reeld vir my ’n bood­skap net om te sê: ‘Ou­ma, ons is nog ou­kei.’ ”

Sy sê sy dink Piet is baie ge­frus­treerd.

“Piet is ’n groot hard­lo­per, maar met dié storm mag hul­le nie in die stra­te wees nie. So ek dink dit is vir hom ’n groot frus­tra­sie om die heel­tyd in die huis te bly.”

Piet sê baie van sy vrien­de en ken­nis­se in Hou­ston se hui­se het weg­ge­spoel.

“Maar plaas­li­ke or­ga­ni­sa­sies en mu­ni­si­pa­li­tei­te doen uit­ste­ken­de werk om mense in nood te help en daar is tal­le skui­lings oor die stad heen waar na ha­we­lo­ses om­ge­sien word.

“(Dit is) ’n ramp soos wat ek nog nooit ge­sien het nie.”

Mau­r­een We­ber, ook van Bloemfontein, kon met een van haar vrien­din­ne in Hou­ston kon­tak maak.

“Sy en haar fa­mi­lie is vei­lig,” lui haar Fa­ce­book-bood­skap.

“Sy het ge­sê hul­le hoop net dat die storm nie sal ver­er­ger nie.”

Die vrien­din se naam word nie ge­noem nie.

Reu­ters be­rig ver­lig­ting is op pad, met weer­voor­spel­lers wat sê die deur­drin­gen­de re­ën van die af­ge­lo­pe vyf dae kan tot ’n ein­de kom na­ma­te die storm ver­snel en die Golf van Mex­i­ko-streek la­ter gister sou ver­laat.

The New York Times be­rig teen gis­ter­og­gend was die do­de­tal weens die storm al 30 en dit sal na ver­wag­ting ver­der styg.

Dit is die erg­ste storm wat Tex­as die af­ge­lo­pe 50 jaar ge­tref het en dui­sen­de mense moes hul hui­se ont­ruim.

Fo­to: REU­TERS

In­wo­ners van Hou­ston ge­bruik bo­te om in die stad se stra­te te soek na mense wat hulp no­dig het. Piet Vic­tor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.