Tra­ne in hof toe al­le klag­te teen S­mi­ley vir eers te­rug­ge­trek word

Volksblad - - Aktueel - Han­ti Ot­to

Die moor­de­naar van A­ni­ka S­mit (17), wie se lyk met af­ge­kap­te han­de in haar pa se huis ge­vind is, is steeds op vrye voet.

Die aan­klag­te van moord, ver­krag­ting en lyk­sken­ding is gister in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord voor­lo­pig teen André (S­mi­ley) van Wyk (25) te­rug­ge­trek.

Van Wyk is deur sy ou­ers, Ju­die en Jan, en an­der fa­mi­lie­le­de met sty­we druk­kies aan die an­der kant van die tra­lies be­groet.

Die be­sluit om die saak teen hom te­rug te trek was in op­drag van die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging (DOV) na­dat ’n ver- slag van ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge, waar­van die in­houd nie be­kend is nie, aan die DOV oor­han­dig is.

Van Wyk het gister die eer­ste keer se­dert hy hom in Sep­tem­ber 2016 uit die blou­te aan die po­li­sie oor­ge­gee het, met ’n ef­fen­se glim­lag, ’n meer ont­span­ne hou­ding en ’n an­der pak kle­re in die hof verskyn.

Hy was se­dert sy in­heg­te­nis­ne­ming in aan­hou­ding.

Adv. Ta­nia Car­stens, die aan­kla­er, het ver­dui­de­lik dat die saak vroe­ër uit­ge­stel is vir sy ver­de­re siel­kun­di­ge as­ses­se­ring voor­dat die DOV ’n fi­na­le be­sluit oor ver­vol­ging sou neem.

“Die ver­slag is in­tus­sen aan die DOV deur­ge­gee. Ek het op­drag ont­vang om al­le aan­klag­te teen die be­skul­dig­de voor­lo­pig te­rug te trek,” het Car­stens ge­sê.

Hy sal nou ook as ’n be­lang­heb­ben­de by die ge­reg­te­li­ke on­der­soek be­trek word.

By die aan­hoor hier­van het Van Wyk se ou­ers, wat elke hof­ver­sky­ning by­ge­woon het, tus­sen glim­lag­te die tra­ne van blyd­skap af­ge­vee.

Die ge­reg­te­li­ke on­der­soek is ver­le­de jaar on­be­paald uit­ge­stel toe Van Wyk op ’n Sa­ter­dag­og­gend by die P­re­to­ria-Noord-po­li­sie­kan­toor in­ge­stap het en be­weer het dat hy se­we jaar ge­le­de by die moord be­trok­ke was. Hy het se­ke­re be­ken­te­nis­se ge­maak, maar dit la­ter te­rug­ge­trek.

Die ge­reg­te­li­ke on­der­soek sal nou weer voort­gaan.

A­ni­ka se lyk is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis ge­vind. Haar han­de is af­ge­sny en is nooit ge­vind nie.

Sy was des­tyds saam met Van Wyk in die Ho­ër­skool Ger­rit Ma­ritz in P­re­to­ria-Noord.

Lu­vu­yo M­fa­ku, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag, het gister bui­te die hof ver­dui­de­lik dat daar be­sluit is om eers die ge­reg­te­li­ke on­der­soek af te han­del na­dat die siel­kun­di­ge se ver­slag en die be­skik­ba­re be­wy­se in ag ge­neem is.

Fo­to: DEAAN VIVIER

André van Wyk na­dat hy vry­ge­laat is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.