Mi­ni gee Coun­try­man ’n ekstra skeut ko­le

Volksblad - - Motors - Braam Peens

Gly jou vin­ger van­aand oor jou DStv-af­stand­be­heer, ont­dek jy per­dalks ka­naal 147. Een van sy nu­wer aan­bie­dings is Kom ons braai. As jy dit nog nie ge­sien het nie, ver­beel jou Co­me Di­ne with Me met ’n vuil T-hemp, en boe­re­wors in plaas van basquai­se.

Kort­om, Kom ons braai is Kee­ping up with the Kar­dashi­ans. In Kraai­fon­tein. Met ker­rie­tjop­pies.

As die be­taal­ka­naal A­fri­ka­ners dan so on­ple­sie­rig laat lyk, is Mi­ni se nu­we John Cooper Works-weer­ga­we (JCW) van die Coun­try­man en Clu­bman aan­sien­lik min­der sme­rig.

As jy rond­om die braai­vleis­vuur van warm Mi­ni’s wil saam­praat son­der om ’n vuis te vreet, moet jy weet dat Mi­ni se JCWa­kro­niem die ha­ba­ne­ro-e­kwi­va­lent is van Volks­wa­gen se GTI­pe­per­sou­sie: 170 kW en 350 Nm uit sy BMW-twee­li­ter en vier­wiel­vas­trap om al daai mie­lies op die teer te hou.

Wat het ons hier?

Bui­te word die JCW uit­ge­ken aan sy sier­roos­ter se rooi bui­te­lyn, die lug­in­la­te waar ge­woon­lik mis­lig­te op die voor­buf­fer is, LED-hoof­lig­te en 18-duim­wie­le waar­ag­ter bloed­kleu­ri­ge vier­sui­er-B­rem­bo-rem­kny­pers skuil. Jy hóór hom ook – in sport­mo­dus tus­sen ra­toor­ska­ke­lings blaf sy uit­la­te grof ge­noeg dat die boer­boe­le die tuin­hek­kie los en eer­der Ou­ma se skoot op­soek.

’n Ses­gang­hand­rat is stan­daard in die Coun­try­man en die Clu­bman, ter­wyl ’n agt­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas ook be­stel kan word teen ’n ekstra R26 000.

Nes die mees­te an­der ver­vaar­di­gers se stel­sels doen die voor­wie­le die mees­te trek­werk onder nor­ma­le om­stan­dig­he­de, tot­dat ekstra byt ver­eis word en die ag­ter­wie­le dan in­spring om die krag­las te ver­deel of sta­bi­li­teit te her­stel. Tot 100% van die krag kan ty­de­lik na ag­ter ge­stuur word.

As jy in­klim

Bin­ne is al­bei JCW’s toe­ge­rus met spe­si­a­le sport­sit­plek­ke waar­op die no­di­ge ken­te­kens spog. Al die basiese ry­ge­rie­we word as stan­daard­toe­rus­ting aan­ge­bied. Die ag­ter­deur(e) kan ook self ont­sluit deur net die sleutel in jou broek­sak te hê en jou voet op die reg­te plek onder die ag­ter­buf­fer te swaai: nut­tig vir mense met hul han­de vol pak­ke bees­haas en pap­sak­ke.

Ver­der kan jy hom tooi na jou smaak – van bak­werk­kleu­re tot teks­tu­re. Jy kan selfs die kleur van die stik­sel kies: net die per­ke van goeie smaak is jou vy­and.

Die ag­ter­sit­plek kan met 40/20/40 ver­deel word en die Clu­bman se ba­ga­sie­bak sluk 360 li­ter.

Die ge­hal­te van die af­wer­kings is on­be­twis­baar ver­ge­lyk­baar met me­de­din­gers in die pre­mie­seg­ment vir kom­pak­te mo­tors, maar die Mi­ni se prys (van­af R559 000 vir die Clu­bman en R611 000 vir die Coun­try­man) weer­spie­ël da­rem ook hier­die feit.

Die Bei­er­se boer­seun

Tog koop jy nie ’n JCW vir sy speel­goed nie; jy koop hom vir sy ple­sier­po­ten­si­aal. Met ’n krag­kwo­ta van 170 kW en 350 Nm is hier­die JCW die ge­spierd­ste MiDis ni tot nog toe, maar ’n A-gra­de­ring kry hier­die B­rit­se (dees­dae eint­lik Bei­er­se) boer­seun nie som­mer­so nie.

Om jou ’n i­dee van sy groot­te te gee: Bei­de die “Mi­ni” Coun­try­man en Clu­bman se ma­tes strek ver­by dié van ’n Golf – ge­meet met die li­ni­aal en die skaal.

Die ou­to­ma­tie­se Clu­bman straf die skaal met ’n log­ge 1 565 kg en die Coun­try­man met 1 630 kg – kwel­sy­fers wat nóg vier­trek nóg ’n vuis­vol ki­lo­watt soos ’n Ca­mel-stom­pie in die ko­le net nie kan laat weg­smelt nie.

Soos BMW se an­der so­ge­naam­de T­winPo­wer-en­jins, slaan die Mi­ni se krag­een­heid soos ’n glas wit­blits teen la­er- en mid­del­slag­toe­re, maar sy fut is uit lank voor­dat hy die rooi lyn haal. Toe­gank­li­ke woe­ma, ja, maar nie op­win­dend nie.

Daar­om is nie een van die JCW’s so blit­sig soos hul spys­kaar­te be­lo­we nie.

Ja, die stuur is skerp en die ve­ring – af­han­gend van die pad­op­per­vlak – soms aan die on­ge­mak­li­ke kant van ge­rief­lik, soos wat jy van ’n spor­tie­we ry­ding ver­wag. Maar hul ver­snel­tyd dui op ’n on­ver­de­dig­ba­re di­eet van baie be­soe­ke aan die slag­ter, maar ewe min aan die gim­na­si­um.

Die 4x4-vas­trap voer jou wel met die ver­troue om die le­pel lek­ker vroeg in ’n draai te kan plant son­der dat die neus sal wyd stoot en die mo­tor soos ’n ket­tie aan die an­der kant uit­skiet.

En met ’n stel ka­ke in elke hoek be­gin jy gou-gou na meer krag vra.

die soort vas­voe­tig­heid waar­voor jy bid op ys of in die re­ën. Maar as jy al an­der ris­sie­pit-Mi­ni’s pro­beer tem het, voel die nu­we­ling soos so­ja in plaas van ste­ak: vaar­dig eer­der as vin­nig; self­be­wus eer­der as self­vol­daan.

Ter ver­de­di­ging is dit wel so dat die per­soon­lik­heid van toe­ne­mend min mo­tors aan die reg­te kant van die twee­mil­joen­rand­kerf van so ’n a­so­si­a­le aard is dat hul­le slegs op ’n ren­baan tot hul reg kan kom. Maar bou jy ’n Mi­ni en be­plak jy hom met ken­te­kens wat F1-wê­reld­ti­tels be­lo­we, dan word ver­wag­tings ge­skep.

Af­saal

Het Mi­ni dan die pap te dik aan­ge­maak?

Mer­ce­des, Au­di en Volks­wa­gen het al­mal ’n meer prak­tie­se, hoof­stroom­ant­woord op die Clu­bman so­wel as die Coun­try­man. Sou die JCW-weer­ga­we van hier­die twee ken­ne­lik me­de­din­gend ge­prys­de mo­del­le jou nie ge­val nie, kan jy vir meer as R100 000 goed­ko­per en net ’n bietjie sta­di­ger in hul S-weer­ga­wes rond­rits. Die slim keu­se: Ker­rie in plaas van pe­ri-pe­ri.

Want in daai ge­val is nie net die vlei­sie sap­pig nie; dan is die sou­sie ook sak­pas.

Kom ons braai?

Vat so! Mi­ni se nu­we Coun­try­man JCW is die brand­e­le­ment in jou ker­rie. ’n Op­ge­wek­te af­wer­kings­pak­ket en la­e­pro­fiel­ban­de dans saam met ’n BMW­twee­li­ter­tur­bo om die no­di­ge woe­ma te bied.

Die af­wer­king is ti­pies van wat jy by nu­we Mi­ni’s sal aan­tref, maar in die JCW se ge­val kan jy ’n rits i­tems ver­per­soon­lik, soos die be­kleed­sel en kleur van die dak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.