Wel­kom, 30 en 45, hier is nom­mer 70

Volksblad - - Motors -

Dit is daar­die e­wi­ge stryd vir mo­tor­ver­vaar­di­gers: Wat om jou voer­tuig te noem so­dat jy sy he­le fa­mi­lie­ge­skie­de­nis en broek­groot­te met een oog­op­slag kan sien. En som­mer ook ’n skeut be­mar­kings­waar­de kan ont­gin.

Ja, K­nor­moer be­ny nie die be­mar­king­span sy taak nie.

Soms vat die kê­rels raak. Die Re­nault T­wi­zy en Zoe is veel pret­ti­ger as A1, 206 of HR-V.

Maar van­dag is din­ge row­wer om die so­me. ’n T­wee­li­ter­en­jin kan ver­skil­len­de krag­vlak­ke bied as daar met die tur­bo­druk ge­speel word. En hoe ge­maak met e­lek­trie­se mo­tors?

Toe­maar, moe­nie die Oros­man roep nie. Au­di het die ant­woord. Die groep het pas ’n nu­we naam­gee-stra­te­gie ont­hul wat al dié do­rings plat­vee.

Sê Au­di jy gaan nie meer ’n “1.0” of “3.0” in die no­men­kla­tuur sien nie. Die en­jin­groot­te gaan voort­aan met ’n nu­we sy­fer ver­vang word wat eer­der op die en­jin se krag­vlak dui.

Die klein­ste sy­fer sal 30 wees, ge­volg deur 45, en daar­na in veel­vou­de van 5 tot by 70, die hoog­ste vlak.

Dit be­te­ken Au­di kan nou ’n hi­bri­die­se of e­lek­trie­se mo­tor ’n sy­fer­naam gee wat hom in ’n ver­ge­lyk­ba­re krag­ka­te­go­rie as sy pe­trol- of die­sel­stal­maats plaas. Uit­set-krag dus, teen­oor en­jin­groot­te.

Daar is na­tuur­lik uit­son­de­rings. Die S en RS-mo­del­le gaan nie hier­by in­val nie. Ook nie iets soos die R8 nie. Die nu­we A8 sal die naam­reeks af­skop.

■ Stof tot stof, K­nor­moer dink die mu­si­ci het din­ge heel eer­ste onder die knie ge­kry: F (hard) en FF (baie hard).

Maak vol met 100 volt, dan­kie So ge­praat van die in­vloed van

e­lek­trie­se ry­goed dat selfs kar­na­me nou ver­an­der moet word, K­nor­moer sien vul­sta­sies gaan eers­daags ook meer as net ven­sters was en ban­de tjek.

Die B­rit­se pe­tro­le­um­reus BP is be­sig om met ver­vaar­di­gers te ge­sels oor sy plan­ne om her­laai­pun­te by sy vul­sta­sies op te rig.

Dis nie se­ker of BP ’n sa­me­wer­kings­oor­een­koms met die mo­tor­groe­pe wil aan­gaan nie. Maar die ge­brek aan ’n net­werk van her­laai­pun­te is juis tans die groot hek­kie wan­neer ko­pers moet be­sluit of hul­le ’n e-voer­tuig gaan aan­skaf al dan nie.

S­hell, BP se groot me­de­din­ger, het reeds her­laai­pun­te by sy Ne­der­land­se en B­rit­se vul­sta­sies be­gin in­rig.

BP se na­vor­sing wys dat e-voer­tuie be­slis gaan toe­neem van die hui­di­ge 1,2 mil­joen tot 100 mil­joen teen 2035.

■ K­nor­moer wonder nou net of ons nie voort­aan eer­der van rus­sta­sies as vul­sta­sies moet praat nie? Dit duur dan ’n uur om jou kar te t­jaarts.

Met jou Lam­bo op sa­fa­ri

Wat gee jy die man wat graag o­li­fan­te wil gaan kyk, maar ef­fens skrik­ke­rig raak as hul­le na­der staan?

’n Lam­bor­g­hi­ni Hu­ra­cán Sa­fa­ri, na­tuur­lik.

Jip, K­nor­moer se oë het ook ge­rek toe hy die na­me van die groep se be­plan­de nu­we mo­del­le deur­ge­kyk het.

Onder Hu­ra­cán het daar die ge­wo­ne SV’s, Su­per­leg­ge­ras en selfs ’n GT3 ge­staan. Maar tus­sen dié na­me is daar ook ’n Sa­fa­ri.

Dis reg, Lam­bor­g­hi­ni oor­weeg be­ne­wens sy Urus ook ’n weer­ga­we van die Hu­ra­cán wat met hoog op­ge­rol­de broeks­py­pe loop.

Ef­fens ge­lig, dis­kre­te swart plas­tiek­be­kle­ding by die so­me, sul­ke goed.

■ K­nor­moer skud net die kop. Net toe hy ge­dink het die wê­reld het ge­ëin­dig met die ge­boor­te van die S­sangYong S­ta­vic, kry ons dít.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.