Moei­lik om te glo wa­ter­stof gaan toe­koms oor­heers

Volksblad - - Motors -

Neels T­heron, Paarl

Gaaf om te lees oor die wê­reld­wye weg­be­weeg van bin­ne­brand-en­jins.

Maar ’n reik­af­stand van net 80 tot 120 km? Ek het nou net met ’n BMW-han­de­laar ge­praat wat be­ves­tig dat hul plaas­li­ke i3 da­rem ten min­ste 200 km kan doen.

Die jong­ste Nis­san Le­af wat bin­ne dae be­kend ge­stel word in Frank­furt het vol­gens al­le aan­dui­dings ten min­ste ’n 260 km-reik­af­stand, en moont­lik meer, om hom kom­pe­te­rend te maak met die Re­nault Zoe, C­hev Bolt, Te­sla 3 en an­de­re wat reeds 300 km kan doen.

Laas­ge­noem­de mo­tors is nog nie hier be­skik­baar nie, maar sal ook net kom as mense in­ge­lig word oor die wa­re toe­drag van sa­ke. Dis hier waar mense soos jy baie kan help!

Ter­loops, daar is pro­duk­sie-Tes­las wat reeds oor die 500 km kan doen.

Dis net ’n kwes­sie van tyd en geld vir reik­af­stan­de om ver­der toe te neem, dis met an­der woor­de nie ’n in­he­ren­te pro­bleem van bat­te­ry­voer­tuie soos jou be­rig moont­lik im­pli­seer nie.

Ek neem aan wa­ter­stof­voer­tuie sal ’n plek­kie onder die son vind, maar die hui­di­ge eks­po­nen­si­ë­le groei in wê­reld­wye bat­te­ry-voer­tuie se ver­ko­pe en pro­duk­sie maak dit da­rem moei­lik om nou te be­weer dat wa­ter­stof die toe­koms gaan oor­heers.

Dan, in­dien ’n mens nou wy­er kyk na die gro­ter saak van oor­be­nut­ting van die wê­reld se na­tuur­li­ke hulp­bron­ne, is daar ’n groei­en­de be­sef dat ons sa­me­le­wing in die al­ge­meen ons e­ner­gie-ver­bruik sal moet af­skaal.

Dus moet ons be­gin be­rus by die reik­af­stand van skoon-e­ner­gie-kar­re, en nie al­e­wig soek na mo­tors wat by ons fos­siel­brand­stof-reik­af­stand-ver­wag­tings in­pas nie.

Maar dis nou ’n storie vir ’n an­der dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.