DKW voor Saab

Volksblad - - Motors -

Hein­rich Hey­mann, Kaap­stad

In Mo­tors skryf jy dat Saab die eer­ste ver­vaar­di­ger was wat met ’n vry­loop­stel­sel vir hand­rat­mo­tors vo­ren­dag ge­kom het.

DKW was hul­le eg­ter voor. Ek ont­hou goed hoe glad ’n DKW na ’n ho­ër rat oor­ge­ska­kel het: Jy ver­snel, lig jou voet van die pe­daal, vry­loop skop in en jy ver­an­der van rat son­der om die kop­pe­laar te ge­bruik.

Gert M­cCarthy, Se­cun­da

Hier­die op­sie, wat toen­ter­tyd be­kend was as “free-w­heeling”, was ook in die DKW 1000 S be­skik­baar. Ons het die on­der­deel as ’n “free w­heeling hub” ge­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.