Pe­rel blink uit met ti­tel­se­ge

Volksblad - - Motors - Mo­tor­re­dak­sie

Die Suid-A­fri­kaan­se ren­ja­er Da­vid Pe­rel wat tans in Eu­ro­pa aan GT-ren­ne deel­neem, het die na­week die Hon­gaar­se GT S­print AM-ren in Boe­da­pest ge­wen toe hy sy Fer­ra­ri eer­ste oor die wen­streep ge­stuur het.

Pe­rel ry vir die Kes­sel-span en het met dié se­ge in die sei­soen se voor­laas­te by­een­koms nog ’n be­lang­ri­ke tree na­der ge­gee aan sy plan om in die ti­tel­stryd te se­ë­vier. Die Ka­pe­naar ry saam met die A­me­ri­ka­ner Da­vid Ear­le. Die reeks be­staan uit ’n uit­hou­en na­el­ren-for­maat.

“Ons het die na­week net een doel voor oë ge­had, en dit was om die ren te vol­tooi ten ein­de die na­el­ren-ti­tel­stryd te kon be­klink,” het Pe­rel ná die ren ge­sê.

“Hoe­wel din­ge maar moei­lik be­gin het, het ons deur­ge­druk en die ren uit­ein­de­lik ge­wen!”

Pe­rel het nou die eer­ste SuidA­fri­ka­ner ge­word wat ’n ti­tel in dié me­de­din­gen­de GT3-reeks kon wen, maar hy is nog nie klaar nie. “My groot doel van­jaar was eint­lik slegs om die uit­hou-ti­tel te wen, maar toe vra my span my om ook aan die na­el­ren-reeks deel te neem.

“Dit be­te­ken ek kan nou ook om die al­ge­he­le ti­tel mee­ding. Die na­el­ren-ti­tel is reeds ’n groot oor­win­ning vir my per­soon­lik – ek is baie trots om Suid-A­fri­ka in só ’n me­de­din­gen­de reeks te kan ver­teen­woor­dig.”

Pe­rel se fo­kus ver­skuif nou na die laas­te by­een­koms van die reeks oor drie we­ke op die be­ken­de N­ü­r­bur­gring in Duits­land. “Ek het net een punt no­dig om te wen.”

Wie is Da­vid Pe­rel?

Pe­rel het op 15-ja­ri­ge ou­der­dom in die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie-ren­stel­reeks aan mo­tor­sport be­gin deel­neem. Toe hy 23 was, het hy reeds vyf pro­vin­si­a­le en na­si­o­na­le ren­stel­ti­tels ge­wen.

Hy was 24 toe hy na en­kel­sit­plek­mo­tors op­ge­skuif het, maar ’n geld­te­kort het hom half­pad deur die sei­soen laat uit­val.

Hier­na het hy sy aan­dag na sy en sy broers se web­maat­skap­py, O­box T­he­mes, ver­skuif wat hul­le tuis op die been ge­bring het.

Vyf jaar la­ter het hy ge­noeg geld ge­spaar ge­had om aan nog ’n GT-ren te kon deel­neem. Dié keer het din­ge so goed ver­loop dat hy in 2015 ’n plek in die Bo­nal­di-span in die I­ta­li­aan­se GT­reeks aan­ge­bied is.

Dit was ’n suk­ses­vol­le sei­soen. Hy het die reeks af­ge­sluit as die naas­wen­ner van die ti­tel, as­ook as die ja­er met die mees­te se­ges, die mees­te voor­ste weg­spring­plek­ke en die mees­te vin­nig­ste rond­tes ag­ter sy naam.

Sy eer­ste vol­waar­di­ge Eu­ro­pe­se sei­soen het tot ’n aan­bod van Kes­sel Fer­ra­ri by die Val­le­lun­ga­ren­baan in I­ta­lië ge­lei waar hy ná twee dae se oe­fen­lo­pies net so vin­nig soos die span se ge­ves­tig­de fa­brieksja­ers was.

Die 2016-sei­soen het tot ’n oor­een­koms van drie jaar met Kes­sel Fer­ra­ri in die Blan­cpain-uit­hou­reeks ge­lei.

Da­vid Pe­rel (regs) is heel in sy nop­pies saam met sy me­de­ja­er Da­vid Ear­le ná hul ti­tel­se­ge die na­week in Boe­da­pest in die Eu­ro­pe­se GT­reeks.

Bo: Da­vid Pe­rel jaag dees­dae in Eu­ro­pa vir die Kes­sel Fer­ra­ri­span en vaar heel goed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.