Ou han­de gee toon aan in VW­Uit­da­ging

Volksblad - - Motors - Mo­tor­re­dak­sie

Die “ou man­ne” van die Lee T­homp­son-renspan kies hier­die na­week koers na die Red S­tar­ren­baan na­by Del­mas in M­pu­ma­lan­ga vir die len­te­na­weekren­dag waar Iain Pep­per en Wal­die Mein­tjes weer hul stem­pel op Klas A in die Volks­wa­gen-Uit­da­ging wil af­druk.

Dié twee het in die vo­ri­ge by­een­koms op P­ha­ki­sa in die Vry­staat die eer­ste en twee­de plek­ke oor­heers en is daar­op uit om die druk op hul teen­stan­ders wat half­pad jon­ger as hul­le is, voort te sit.

“Ons is oor­ge­haal vir ’n goeie na­week in al twee klas­se,” het T­homp­son be­ves­tig. “Ons het al vier die span se mo­tors ge­toets en ver­stel­lings vir die Red S­tar­baan aan­ge­bring, en ons sien uit na nog ’n goeie na­week!”

Die ve­te­raan­ja­er Iain Pep­per het in die vo­ri­ge by­een­koms in sy Po­lo ge­dy en jeuk om sy sit om die draai­e­ri­ge Red S­tar-ren­baan te kry. “Ons gaan nie op ons lou­e­re rus ná ons goeie ver­to­ning in die vo­ri­ge ron­de nie. Ek en Lee (T­homp­son) het se­dert­dien weer hard aan ons mo­tors ge­werk,” het Pep­per ge­waar­sku. “Die jong ja­ers kan maar kom – ons is reg vir hul­le!”

Wal­die Mein­tjes is net so vol ver­troue vir nog ’n po­si­tie­we na­week ná die span se P­ha­ki­sa­suk­ses. Hy wil die so-so re­sul­ta­te van die be­gin van die sei­soen so gou as moont­lik ag­ter hom sit.

“Ek’s bly Iain fo­kus op die jong ja­ers,” het hy ge­sê. “Hy sal dus nie ver­wag waar sy grootste teen­stand van­daan gaan kom nie – my mo­tor is slag­ge­reed en ek is reg vir hom.”

Nog ja­ers om dop te hou is die broers Way­ne en S­haun Crous. Die twee het hard ge­werk om hul­le vir die ren­na­week voor te be­rei.

“Die sei­soen ein­dig bin­ne­kort, so ons sal moet uit­haal en wys hier­die na­week,” het Way­ne ge­sê.

“Ek sien uit na my eer­ste ren op die Red S­tar-ren­baan. Ons het ’n lang blaas­kans en dus ge­noeg tyd ge­had om al die klein pro­bleem­pies in die mo­tor op te los. Dit gaan ’n puik na­week vir ons wees!”

S­haun Crous jaag in ’n Po­lo in Klas C van die Volks­wa­gen-Uit­da­ging, waar hy ten spy­te van goeie jaag­werk ook maar har­de be­ne in die eer­ste helf­te van die jaar ge­kou het. “Ek kan nie wag om weer te jaag nie,” het hy er­ken.

Fo­to: MOTORPRESS

G­reg Gil­den­huys (links, 34) en C­lint Sel­ler lei die groep ja­ers om P­ha­ki­sa ty­dens die na­week se se­wen­de ron­de van die Su­perGP­reeks. Sel­ler het die ren op sy Ya­maha ge­wen en daar­mee saam sy vyf­de SA su­per­fiets­ti­tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.