K­ga­nye van­jaar se wen­ner

Stop­a­ni­ma­sie­prent oor fa­mi­lies en be­drieg­li­ke her­in­ne­rin­ge

Volksblad - - Kollig - La­e­ti­tia Pop­le

’n Kuns­te­naar wie se werk al in ver­skeie o­pen­ba­re ver­sa­me­lings oor­see soos die Car­ne­gie­kuns­mu­seum op­ge­neem is, is van­jaar die wen­ner van die Sasol Nu­we Handtekeninge.

Die 27-ja­ri­ge Jo­han­nes­burg­se fo­to­graaf Le­bo­hang K­ga­nye wen Suid-A­fri­ka se oud­ste kuns­prys vir ’n stop-a­ni­ma­sie­prent waar­in sy be­sin oor fa­mi­lie en her­in­ne­rin­ge. Daar­voor wen sy R100 000 kon­tant en die ge­leent­heid om vol­gen­de jaar haar eer­ste so­lo­ten­toon­stel­ling in die P­re­to­ri­a­se Kuns­mu­seum aan te bied.

In die prent Ke sa­le teng, wat in Se­so­tho be­te­ken “Ek is steeds hier”, wys sy dat die tra­di­si­o­ne­le fo­to­al­bum, wat ge­woon­lik skit­ter­glim­lag­kie­kies en son­ni­ge oom­blik­ke in ’n ge­sin se ge­skie­de­nis be­waar of die fa­mi­lie­le­de se storie ver­tel, nie te ver­trou is nie.

“Die al­bum be­vat nie meer ’n juis­te storie nie, maar nooi ons uit om ons ver­le­de te her­in­ter­pre­teer en on­der­soek ons be­hoef­te om ’n se­ke­re storie voor te hou.” Sy glo dat ons soms op die al­bum staat­maak om te ver­staan wat fa­mi­lies is. Hoe meer sy haar eie fa­mi­lie­ge­skie­de­nis na­speur hoe meer vind sy teen­stry­dig­he­de.

“Wat ons wel sien, is ’n groe­pe­ring van beel­de wat ge­kon­stru­eer is en nie werk­lik die her­in­ne­rin­ge en ge­skie­de­nis van die fa­mi­lie weer­gee nie.”

Sy ge­bruik ’n di­o­ra­ma en uit­ge­sny­de sil­hoe­ët­te op swart pa­pier wat fa­mi­lie­le­de uit­beeld – dit word as re­kwi­sie­te ge­plaas in nu­we voor­stel­lings van die fa­mi­lie­ge­skie­de­nis.

“Só word die bot­sen­de sto­ries op ver­skeie ma­nie­re oor­ver­tel – dit word her­in­ne­rin­ge ge­kom­bi­neer met fan­ta­sie,” sê K­ga­nye lui­dens ’n me­di­a­ver­kla­ring. “Sul­ke ar­gie­we toon nie mak­li­ke ant­woor­de nie, maar toon dat tyd die sto­ries kan op­breek en weer op an­der ma­nie­re saam­stel.”

S­then­j­wa Lut­hu­li van K­waZu­lu-Na­tal is in die twee­de plek met sy hout­blok ge­ti­teld Um­ban­go, wat “kon­flik” be­te­ken. Daar­mee ont­bloot hy tra­di­si­o­ne­le Zoe­loe-ri­tu­e­le en ge­brui­ke in ’n ei­e­tyd­se om­ge­wing.

Die vyf me­rie­te­wen­ners is:

Franc­ke G­re­t­chen Crots van Jo­han­nes­burg, drie P­re­to­ri­a­se kuns­te­naars, Goit­se­o­ne Bot­l­ha­le Moe­ra­ne, Ca­rol An­ne P­re­ston en Ca­ra-Jo T­re­doux, en van Kaap­stad E­mi­ly Har­riet B­ü­l­bring Robertson.

Al 119 wer­ke op die kort­lys te­sa­me met die wen­wer­ke word van van­aand tot 8 Ok­to­ber in die P­re­to­ri­a­se Kuns­mu­seum ten toon ge­stel. Wer­ke van ver­le­de jaar se wen­ner, Zy­ma A­mien, is tans te sien.

Die mu­seum is Dins­dae tot Son­dae van 10:00 tot 17:00 oop.

’n Fo­to­al­bum gee nie werk­lik die her­in­ne­rin­ge en ge­skie­de­nis van ’n fa­mi­lie weer.

Oom­blik­ke uit die Jo­han­nes­burg­se kuns­te­naar Le­bo­hang K­ga­nye se stop­a­ni­ma­sie­prent Ke sa­le teng. Sy het met die prent die Sasol Nu­we Handtekeninge­prys ge­wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.