18de Ga­riep Kuns­te­fees spring weg

Volksblad - - Kollig - Chris­ti­aan Cloe­te

Die 18de Ga­riep Kuns­te­fees spring van­dag in die Op­pen­hei­mer-tui­ne in Kim­ber­ley weg. Die fees duur tot Son­dag­mid­dag.

Fees­gan­gers kan uit­sien na son­skyn­weer en mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re van tus­sen 24 °C en 30 °C word vir die na­week in Kim­ber­ley voor­spel. Die mi­ni­mum tem­pe­ra­tuur sal van 1 °C tot 8 °C wis­sel.

Vol­gens die Suid-A­fri­kaan­se weer­diens wis­sel die tem­pe­ra­tuur van­dag tus­sen 4 °C tot 27°C en ’n ma­ti­ge wes­te­wind sal deur die dag waai. ’n Lig­te sui­de­wind sal teen die aand op­steek.

Die kin­der­ver­to­ning Nog ’n dag in spro­kies­land deur die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat se dra­ma­de­par­te­ment word van­dag in die Eu­re­ka-te­a­ter by die La­er­skool Eu­re­ka ten ba­te van die Re­ach for a D­re­am-stig­ting aan­ge­bied.

Net ’n chil­li­bur­ger en chips, as­se­blief! met De­on Lotz en Wal­de­mar S­chultz word om 19:00 in die Eu­re­ka-te­a­ter op­ge­voer. Dit is ’n ko­me­die wat in die kom­buis van die re­stau­rant Sky­fies en Bur­gers af­speel.

El­vis Blue se pro­duk­sie El­vis Blue KAAL word om 20:00 in die Noord-Kaap-te­a­ter aan­ge­bied en hy sal ou en nu­we lied­jies sing.

Die kuns­te­fees bied van­dag saam met kykNET ook ’n vol pro­gram met Suid-A­fri­ka se guns­te­ling-san­gers op die kykNET-ver­hoog in die Op­pen­hei­mer-tui­ne aan. San­gers soos Le­ah, Jak­kie Louw, Wil­lem Botha, DZL, Pieter Koen, Li­a­nie May en S­not­kop tree op.

Fees­gan­gers kan op die Ga­riep-ver­hoog die mees­te van dié kuns­te­naars gra­tis sien. Paul A­mas, Su-Ma­ri, Hou­se of En­ter­tai­n­ment, Dis­co Dan­cers Don­né Hunt, Wyn­and en C­he­reé, Wil­lem Botha, DZL, Ho­wie Com­brink, Jak­kie Louw, Le­ah, Ti­mothy King en DJ Biz­zy B tree van­dag daar op.

Daar sal van­jaar 250 uit­stal­lers wees, ter­wyl daar ook pre­trit­te in die pret­park tus­sen Len­noxen C­ha­pel­straat aan­ge­bied word.

■ Be­soek www.ga­riep­fees.co.za vir meer in­lig­ting. Ga­rie­pGei­te, die amp­te­li­ke fees­boe­kie, is by die fees­kan­toor by Du Toit­span­weg 157 be­skik­baar. Die fees se kaart­jie­kan­toor is by die Gar­den Court Kim­ber­ley, in Du Toit­span­weg 120. S­ka­kel die fees­kan­toor by 053 832 5014/7. Be­spre­kings kan by al­le Com­pu­tic­ket-tak­ke, by e­ni­ge S­hop­ri­te C­hec­kers en op www.com­pu­tic­ket.com ge­doen word.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN CLOE­TE

Die mal­le­meu­le in die pret­park van die Ga­riep Kuns­te­fees. Die fees be­gin van­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.