Bui­te­land wink vir wen­ners van Sam­ro­kom­pe­ti­sie

Volksblad - - Kollig - El­re­tha B­ritz

Megan-Ge­of­frey Prins, 27-ja­ri­ge pi­a­nis van Ri­vers­dal, het ’n laas­te gel­de­li­ke hup­stoot vir sy dok­tors­graad ge­kry toe hy Sa­ter­dag­aand in P­re­to­ria die Sam­ro-oor­se­se -beur­se-kom­pe­ti­sie in die af­de­ling vir We­ster­se kuns­mu­siek ge­wen het.

Prins, wat mu­siek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) ge­stu­deer het, het sy beurs­fonds met R200 000 ver­sterk en nog R10 000 by­ge­voeg vir die bes­te ver­tol­king van ’n voor­ge­skre­we werk.

Hy ver­trek bin­ne­kort vir sy laas­te stu­die­jaar aan die C­le­ve­land-mu­siek­in­sti­tuut in A­me­ri­ka.

Die wen­ner van die jazzaf­de­ling is N­tan­do Ng­ca­pu (26), wat aan die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit vir Tegnologie ge­gra­du­eer het. Hy het ook R200 000 ont­vang plus R10 000 vir sy ver­tol­king van die voor­ge­skre­we jazz­werk.

Die naas­wen­ners is Wil­lem de Beer (25, We­ster­se kuns­mu­siek) van P­re­to­ria en Ni­cho­las Wil­li­ams (31, jazz) van Kaap­stad, wat al­bei R70 000 in hul sak kon steek.

Prins het wer­ke van Haydn, Li­a­poen­of en die Suid-A­fri­ka­ner Gra­ham Ne­w­ca­ter ge­speel, en Ng­ca­pu se aan­bod het mu­siek van Oscar Pe­ter­son, C­hick Co­rea en An­tô­nio Car­los Jo­bim in­ge­sluit. Prins en De Beer moes ook Sam­ro se op­drag­werk van Je­an­ne Zai­del-Ru­dolph, Ca­tch Me If You Can, uit­voer.

Nog twee kuns­mu­si­ci wat pryse ont­vang het, is Lou­rens Fick, ’n mees­ters­graad­stu­dent aan die US, en Bron­wyn van Wie­rin­gen, ’n ge­gra­du­eer­de van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad wat in Sep­tem­ber na Lon­den ver­trek om ’n mees­ters­graad aan die Roy­al A­ca­de­my of Mu­sic te ver­werf. Fick het R40 000 ont­vang en Van Wie­rin­gen R6 500.

Die be­oor­de­laars vir die We­ster­se kuns­mu­siek was Ka­ren­dra De­vroop, Mel­vin Peters, Mo­ka­le Ko­a­peng, T­heo van Wyk, Bon­ga­ni N­do­da­na-B­reen, Frank­lin La­rey en Ni­na S­chu­mann. De­vroop en Peters is ook vir die jazzaf­de­ling in­ge­span saam met Su­san Bar­ry, N­du­du­zo Mak­ha­thi­ni, Ro­land Mo­ses, André Pe­ter­sen en An­di­le Ye­na­na.

Die kom­pe­ti­sie het in U­ni­sa se ZK Mat­thews-saal plaas­ge­vind.

Die wen­ners van Sam­ro se oor­se­se­beur­se­kom­pe­ti­sie is van links Ni­cho­las Wil­li­ams (twee­de, jazz), N­tan­do Ng­ca­pu (wen­ner, jazz), Megan­Ge­of­frey Prins (wen­ner, kuns­mu­siek) en Wil­lem de Beer (twee­de, kuns­mu­siek).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.