Ja­cobs oes prys in vir boek met rym­pies

Volksblad - - Kollig - Jo Prins

Jaco Ja­cobs se rym­pie­boek Moe­nie hier­die boek eet nie! is pas as die wen­ner van die twee­jaar­lik­se Ex­clu­si­ve Books Ib­by Suid-A­fri­ka-prys aan­ge­wys.

Die prys word on­der­skryf deur die In­ter­na­si­o­na­le Raad op Boe­ke vir Jong Mense (Ib­by), ’n or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag wat ’n wê­reld­wye net­werk van mense ver­teen­woor­dig wat daar­na streef om kin­ders en boe­ke by­me­kaar te bring.

Dié prys be­kroon nie net die skry­wer nie, maar ook Zi­nel­da M­cDo­nald, die il­lus­treer­der.

Om vir die prys in aan­mer­king te kom, moet die skry­wer en die il­lus­treer­der al­bei Suid-A­fri- kaans wees en moet die boek ’n oor­spronk­li­ke werk in e­ni­ge Suid-A­fri­kaan­se taal wees. Die boek moet ook in SuidA­fri­ka ge­pu­bli­seer wees.

Die skry­wer en il­lus­treer­der deel die prys­geld van R10 000.

Moe­nie hier­die boek eet nie! ’n Rym­pie vir elke dag van die jaar is ’n ver­sa­me­ling van 366 (daar word selfs vir ’n skrik­kel­jaar voor­sie­ning ge­maak) splin­ter­nu­we kin­der­ver­se uit Ja­cobs se pen. Dit sluit law­we rym­pies, hai­koes, li­me­rie­ke en tong­kno­pers in. Daar is rym­pies oor ou­pas en ou­mas, gog­gas, krie­ket, ruim­te­vaar­ders, see­ro­wers, spo­ke, skool­toi­let­te, Kers­va­der en kro­ko­dil­le.

Ja­cobs sê hy is baie bly dat Ib­by aan die skry­wer én il­lus­treer­der van die boek er­ken­ning gee, “want Zi­nel­da het daar­voor ge­sorg dat Moe­nie hier­die boek eet nie! reg­tig die heel mooi­ste boek is wat ek nog ooit ge­pu­bli­seer het.

“Haar il­lus­tra­sies by die rym­pies is slim en vol hu­mor en my uit­ge­wer (La­pa) het die boek boonop prag­tig in har­de­band uit­ge­gee. Ek het nog nooit so hard aan iets ge­werk soos aan dié bun­del nie, so ek is reg­tig dank­baar oor die er­ken­ning wat die boek kry.”

Jaco Ja­cobs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.